5 “Die dae kom,” sê Jehovah, “wanneer ek vir Dawid ’n regverdige spruit*+ sal voortbring. En ’n koning sal regeer+ en insig toon en sal sorg dat daar geregtigheid en regverdigheid in die land is.+
15 In daardie dae en in daardie tyd sal ek vir Dawid ’n regverdige spruit*+ laat uitspruit, en hy sal sorg dat daar geregtigheid en regverdigheid in die land is.+
8 “‘Luister asseblief, o hoëpriester Josua, jy en die priesters wat voor jou sit, want hierdie manne dien as ’n teken. Kyk, ek stuur my kneg,+ die Spruit!+
“‘Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: “Hier is die man wie se naam Spruit+ is. Hy sal uit sy plek uitspruit, en hy sal die tempel van Jehovah bou.+