7 dan sal ek Israel verdryf uit die land wat ek aan hulle gegee het,+ en ek sal die huis verwerp+ wat ek vir my naam geheilig het, en Israel sal iets word waarop al die volke neersien* en waarmee hulle spot.+
12 “‘Maar gaan nou na my plek in Silo,+ wat ek voorheen vir my naam uitgekies het,+ en gaan kyk wat ek daaraan gedoen het as gevolg van die slegtheid van my volk Israel.+
14 Net soos ek aan Silo gedoen het,+ sal ek doen aan die huis wat my naam dra+ en waarop julle vertrou,+ en aan hierdie plek wat ek aan julle en julle voorvaders gegee het.
18 Skenk aandag, o my God, en luister! Kyk tog en sien hoe ons swaarkry en hoe verlate die stad is wat u naam dra. Want ons smeek u nie omdat ons dade regverdig is nie, maar omdat u baie genadig is.+