Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Esra 9:6
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 6 En ek het gesê: “O my God, ek voel skaam en verleë om my gesig na u toe op te lig, o my God, want ons oortredings het bo ons koppe uitgestyg en ons skuld het opgehoop tot by die hemel.+

  • Nehemia 9:26
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 26 “Maar hulle het ongehoorsaam geword en teen u in opstand gekom+ en hulle rug op u Wet gedraai.* Hulle het u profete doodgemaak wat hulle gewaarsku het om na u toe terug te keer, en hulle het baie disrespekvol teenoor u opgetree.+

  • Jeremia 31:18
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 18 “Ek het Eʹfraim se gekla duidelik gehoor:

      ‘U het my gedissiplineer, en ek is gedissiplineer,

      soos ’n kalf wat nie geleer is nie.

      Bring my terug, en ek sal graag terugkeer,

      want u is Jehovah my God.

  • Esegiël 6:9
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 9 En dié wat wegkom, sal aan my dink wanneer hulle tussen die nasies is waar hulle gevange geneem is.+ Hulle sal besef dat my hart gebreek was omdat hulle ontroue* hart van my weggedraai het+ en hulle oë vol verlange na hulle walglike afgode gekyk het.+ Hulle sal skaam kry oor al die slegte en afskuwelike dinge wat hulle gedoen het, en hulle sal dit afstootlik vind.+

Afrikaanse publikasies (1975-2026)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel