2 “Blaas ’n horing in Sion!+
Skree ’n oorlogskreet op my heilige berg.
Laat al die inwoners van die land bewe,
want die dag van Jehovah kom!+ Dit is naby!
2 Dit is ’n dag van duisternis en donkerte,+
’n dag van digte, donker wolke.+
Dit is soos die lig van die dagbreek wat oor die berge uitsprei.
Daar is ’n groot en magtige volk.+
Daar was nog nooit so ’n volk nie,
en daar sal nooit weer so een wees nie,
tot in die verste geslagte.