39 “Maar ná u sal daar ’n ander koninkryk wees,+ wat nie so belangrik soos u sal wees nie, en daarna nog ’n koninkryk, ’n derde, van koper, wat oor die hele aarde sal regeer.+
6 “Ek het bly kyk, en toe het ’n ander dier verskyn. Hy het soos ’n luiperd gelyk,+ maar hy het vier vlerke soos dié van ’n voël op sy rug gehad. En die dier het vier koppe gehad,+ en hy het gesag ontvang om te regeer.
5 Terwyl ek bly kyk het, het ’n bokram+ uit die weste* gekom wat die oppervlak van die hele aarde deurkruis het sonder om aan die grond te raak. En die bokram het ’n opvallende horing tussen sy oë gehad.+