-
Jesaja 11:11, 12Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
11 In daardie dag sal Jehovah weer sy hand uitsteek, ’n tweede keer, om die oorblyfsel van sy volk terug te bring uit Assiʹrië,+ Egipte,+ Patros,+ Kus,+ Elam,+ Siʹnear,* Hamat en die eilande van die see.+ 12 Hy sal ’n banier* vir die nasies oprig en dié van Israel wat verstrooi is, versamel.+ En hy sal dié van Juda wat verstrooi is, uit die uithoeke van die aarde bymekaarmaak.+
-
-
Jesaja 43:5, 6Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 Moenie bang wees nie, want ek is met jou.+
6 Ek sal vir die noorde sê: ‘Gee hulle terug!’+
en vir die suide: ‘Laat hulle gaan.
Bring my seuns van ver af, en my dogters van die eindes van die aarde af,+
-
Jeremia 23:7, 8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
7 “Maar die dae kom,” sê Jehovah, “wanneer hulle nie meer sal sê: ‘So waar as wat Jehovah lewe, wat die Israeliete uit Egipte uitgelei het!’ nie,+ 8 maar eerder: ‘So waar as wat Jehovah lewe, wat die nakomelinge van die huis van Israel uitgelei het en teruggebring het uit die land van die noorde en uit al die lande waarheen ek hulle verstrooi het,’ en hulle sal in hulle eie land woon.”+
-
-
-