7 daarom sal Jehovah die magtige watermassas
van die Rivier teen hulle bring,
die koning van Assiʹrië+ en al sy heerlikheid.
Hy sal oor al sy stroombeddings spoel
en al sy oewers oorstroom
8 en die hele Juda binnedring.
Hy sal die land oorstroom en daardeur vloei, en die waters sal skouerhoogte bereik.+
Sy uitgespreide vlerke sal die breedte van jou land vul,
o Immaʹnuel!”+