Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jesaja 33:20
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 20 Kyk na Sion, die stad van ons feeste!+

      Jou oë sal Jerusalem sien as ’n rustige woonplek,

      ’n tent wat nie verskuif sal word nie.+

      Sy tentpenne sal nooit uitgetrek word nie,

      en nie een van sy toue sal gebreek word nie.

  • Jesaja 44:26
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 26 Ek is die Een wat die woord van sy kneg laat waar word,

      en wat die voorspellings van sy boodskappers heeltemal vervul,+

      die Een wat van Jerusalem sê: ‘Sy sal bewoon word,’+

      en van die stede van Juda: ‘Hulle sal herbou word,+

      en ek sal haar verwoeste plekke herstel.’+

  • Jeremia 30:18
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 18 Dít is wat Jehovah sê:

      “Ek versamel die gevangenes van die tente van Jakob,+

      en ek sal jammer voel vir sy wonings.

      Die stad sal op sy heuwel herbou word,+

      en die versterkte toring sal op sy regmatige plek staan.

  • Jeremia 31:24
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 24 En Juda en al sy stede, die boere en dié wat die kuddes lei, sal almal saam daarin woon.+

  • Jeremia 33:10, 11
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 10 “Dít is wat Jehovah sê: ‘In hierdie plek wat julle sal sê ’n wildernis sonder mens of vee is, dit wil sê in die stede van Juda en in die strate van Jerusalem wat verlate en sonder mens of inwoner of vee is, sal die volgende weer gehoor word: 11 die uitroepe van vreugde en die geluid van blydskap,+ die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die stem van dié wat sê: “Dank Jehovah van die leërmagte, want Jehovah is goed.+ Sy lojale liefde duur vir ewig!”’+

      “‘Hulle sal dankoffers na die huis van Jehovah bring,+ want ek sal die gevangenes van die land terugbring, soos aan die begin,’ sê Jehovah.”

  • Esegiël 36:10
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 10 Ek sal julle vermeerder – die hele huis van Israel, julle almal – en die stede sal bewoon word,+ en die verwoeste plekke sal herbou word.+

  • Sagaria 8:4, 5
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 4 “Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: ‘Ou mans en vrouens sal weer op die openbare pleine van Jerusalem sit, elkeen met ’n kierie in die hand omdat hulle so oud is.+ 5 En die openbare pleine van die stad sal vol seuns en meisies wees wat daar speel.’”+

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel