-
Jesaja 2:2, 3Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
sal die berg van die huis van Jehovah
stewig gevestig word bo die top van die berge,+
en dit sal bo die heuwels uitstaan,
en al die nasies sal daarheen stroom.+
3 En baie volke sal gaan en sê:
“Kom, laat ons opgaan na die berg van Jehovah,
na die huis van die God van Jakob.+
Hy sal ons sy weë leer,
en ons sal dit volg.”+
-
-
Sagaria 8:22, 23Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
22 En baie volke en magtige nasies sal kom om Jehovah van die leërmagte in Jerusalem te dien*+ en om Jehovah se goedkeuring te soek.’
23 “Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: ‘In daardie dae sal tien manne uit al die tale van die nasies+ die kleed* van ’n Jood* vasgryp, ja, hulle sal dit styf vasgryp en sê: “Ons wil saam met julle gaan,+ want ons het gehoor dat God met julle is.”’”+
-