Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Psalm 22:27
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 27 Die hele aarde sal Jehovah onthou en na hom terugkeer.

      Al die families van die nasies sal voor u neerbuig.+

  • Jesaja 2:2, 3
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  2 Aan die einde van die dae*

      sal die berg van die huis van Jehovah

      stewig gevestig word bo die top van die berge,+

      en dit sal bo die heuwels uitstaan,

      en al die nasies sal daarheen stroom.+

       3 En baie volke sal gaan en sê:

      “Kom, laat ons opgaan na die berg van Jehovah,

      na die huis van die God van Jakob.+

      Hy sal ons sy weë leer,

      en ons sal dit volg.”+

      Want die wet* sal uit Sion kom,

      en die woord van Jehovah uit Jerusalem.+

  • Jesaja 11:10
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 10 In daardie dag sal die wortel van Isai+ opstaan en ’n banier* vir die volke wees.+

      Die nasies sal leiding by hom soek,*+

      en sy rusplek sal glorieryk word.

  • Jesaja 55:5
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  5 Jy sal ’n nasie roep wat jy nie ken nie,

      en mense van ’n nasie wat jou nie geken het nie, sal na jou toe hardloop

      ter wille van Jehovah jou God,+ die Heilige van Israel,

      omdat hy jou sal verheerlik.+

  • Jesaja 60:3
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  3 Nasies sal na jou lig kom,+

      en konings+ na jou glansende prag.*+

  • Hosea 1:10
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 10 “Die Israeliete sal so baie wees soos die sandkorrels van die see, wat nie gemeet of getel kan word nie.+ En op die plek waar daar vir hulle gesê is: ‘Julle is nie my volk nie,’+ sal daar vir hulle gesê word: ‘Julle is die kinders van die lewende God.’+

  • Miga 4:2
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  2 En baie nasies sal gaan en sê:

      “Kom, laat ons opgaan na die berg van Jehovah

      en na die huis van die God van Jakob.+

      Hy sal ons sy weë leer,

      en ons sal dit volg.”

      Want die wet* sal uit Sion kom,

      en die woord van Jehovah uit Jerusalem.

  • Haggai 2:7
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 7 “‘En ek sal al die nasies skud, en die kosbare* dinge van al die nasies sal inkom,+ en ek sal hierdie huis met heerlikheid vul,’+ sê Jehovah van die leërmagte.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel