-
Lukas 12:22-28Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
22 Toe het hy vir sy dissipels gesê: “Daarom sê ek vir julle: Hou op om bekommerd te wees oor julle lewens, oor wat julle sal eet, of oor julle liggame, oor wat julle sal aantrek.+ 23 Want die lewe is meer werd as kos, en die liggaam is meer werd as klere. 24 Dink aan die kraaie: Hulle saai nie saad nie en hulle oes nie. Hulle het nie ’n skuur of ’n stoorkamer nie, en tog sorg God dat hulle kos het.+ Is julle nie baie meer werd as voëls nie?+ 25 Wie van julle kan ’n el* by sy lewe voeg deur hom te bekommer? 26 As julle dan nie eers so ’n klein dingetjie kan doen nie, hoekom sal julle bekommerd wees oor al die ander dinge?+ 27 Let op hoe die lelies groei: Hulle sloof hulle nie af nie en hulle spin ook nie, maar ek sê vir julle dat nie eers Salomo met al sy prag en rykdom soos een van hulle geklee was nie.+ 28 As God dan die plantegroei in die veld so klee, wat vandag hier is en môre in ’n oond gegooi word, hoeveel te meer sal hy julle klee! Waar is julle geloof?
-