Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Markus 6:45-52
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 45 Toe het hy sy dissipels dadelik in die boot laat klim en hulle vooruit laat gaan na die oorkantste oewer, in die rigting van Betsaiʹda, terwyl hy die skare weggestuur het.+ 46 Maar nadat hy hulle gegroet het, het hy na ’n berg gegaan om te bid.+ 47 Teen die aand was die boot in die middel van die see, maar hy was alleen op die land.+ 48 Hy het gesien dat hulle sukkel om te roei, want die wind was teen hulle, en daarom het hy omtrent die vierde nagwaak* op die see na hulle toe aangeloop gekom, maar dit het gelyk asof hy by hulle wou verbygaan. 49 Toe hulle hom op die see sien loop, het hulle gesê: “Dit is ’n verskyning!” En hulle het uitgeroep, 50 want hulle almal het hom gesien en was geskok. Maar hy het onmiddellik vir hulle gesê: “Bedaar! Dit is ek. Moenie bang wees nie.”+ 51 Toe het hy by hulle in die boot geklim, en die wind het gaan lê. Hulle was stomgeslaan, 52 want hulle het nie begryp wat die wonderwerk met die brode beteken het nie, en hulle* het dit nog steeds moeilik gevind om te verstaan.

  • Johannes 6:16-21
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 16 Toe dit aand word, het sy dissipels na die see toe gegaan,+ 17 en hulle het in ’n boot geklim en oor die see na Kaperʹnaum weggevaar. Teen hierdie tyd was dit al donker, en Jesus het nog nie na hulle toe gekom nie.+ 18 En die see het onstuimig begin word omdat ’n sterk wind gewaai het.+ 19 Maar toe hulle omtrent vyf of ses kilometer* geroei het, het hulle gesien dat Jesus op die see loop en al hoe nader aan die boot kom, en hulle het baie bang geword. 20 Maar hy het vir hulle gesê: “Dit is ek. Moenie bang wees nie!”+ 21 Toe was hulle bereid om hom in die boot te laat klim, en net daarna het die boot by die land aangekom waarheen hulle op pad was.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel