-
Markus 9:2-8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle alleen teen ’n hoë berg opgeneem. En sy voorkoms* het voor hulle verander:+ 3 Sy bo-klere het begin glinster en het baie witter geword as wat enigiemand op aarde dit kon maak. 4 Eliʹa en Moses het ook aan hulle verskyn, en hulle het met Jesus gesels. 5 Toe het Petrus vir Jesus gesê: “Rabbi, dit is goed dat ons hier is. Laat ons drie skuilings* oprig: een vir u, een vir Moses en een vir Eliʹa.” 6 Hy het eintlik nie geweet wat om te sê nie, want hulle was baie bang. 7 ’n Wolk het gevorm en oor hulle gekom, en ’n stem+ het uit die wolk gesê: “Dit is my Seun, die geliefde.+ Luister na hom.”+ 8 En skielik, toe hulle rondkyk, het hulle gesien dat daar niemand meer by hulle is nie, behalwe Jesus.
-
-
Lukas 9:28-36Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
28 Omtrent agt dae nadat hy hierdie woorde gesê het, het hy Petrus, Johannes en Jakobus saamgeneem en teen die berg opgeklim om te bid.+ 29 Terwyl hy gebid het, het die voorkoms van sy gesig verander, en sy klere het glinsterend wit geword. 30 En kyk! twee mans het met hom gesels. Dit was Moses en Eliʹa. 31 Hulle het verskyn en is omring deur ’n helder glans en het begin praat oor die feit dat hy moes weggaan, wat binnekort in Jerusalem vervul sou word.+ 32 Petrus en dié wat saam met hom was, het aan die slaap geraak, maar toe hulle wakker word, het hulle die helder lig gesien wat om hom geskyn het,+ en die twee mans wat by hom staan. 33 En terwyl hulle van hom af weggegaan het, het Petrus vir Jesus gesê: “Onderrigter, dit is goed dat ons hier is. Laat ons dan drie skuilings* oprig: een vir u, een vir Moses en een vir Eliʹa.” Petrus het nie besef wat hy sê nie. 34 Maar terwyl hy hierdie dinge gesê het, het ’n wolk gevorm en oor hulle gekom. Toe hulle in die wolk ingaan, het hulle bang geword. 35 ’n Stem+ het uit die wolk gekom en gesê: “Dit is my Seun, die een wat uitgekies is.+ Luister na hom.”+ 36 Terwyl die stem nog gepraat het, het hulle gesien dat Jesus weer alleen is. Maar hulle het stilgebly en in daardie dae vir niemand vertel wat hulle gesien het nie.+
-