Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Matteus 21:23-27
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 23 Nadat hy in die tempel ingegaan het, het die hoofpriesters en die ouermanne van die volk na hom toe gekom terwyl hy die mense geleer het. Hulle het gevra: “Met watter gesag doen jy hierdie dinge? En wie het jou hierdie gesag gegee?”+ 24 Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: “Ek sal julle ook een ding vra. As julle vir my sê wat die antwoord is, sal ek ook vir julle sê met watter gesag ek hierdie dinge doen: 25 Het Johannes se gesag om te doop uit die hemel of van mense gekom?” Maar hulle het onder mekaar begin redeneer en gesê: “As ons sê: ‘Uit die hemel,’ sal hy vir ons vra: ‘Hoekom het julle hom dan nie geglo nie?’+ 26 Maar ons is bang vir wat die skare gaan doen as ons sê: ‘Van mense,’ want hulle almal beskou Johannes as ’n profeet.” 27 Hulle het dus vir Jesus gesê: “Ons weet nie.” Toe het hy vir hulle gesê: “Dan sê ek ook nie vir julle met watter gesag ek hierdie dinge doen nie.

  • Lukas 20:1-8
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 20 Op een van die dae, terwyl hy die volk in die tempel geleer het en die goeie nuus bekend gemaak het, het die hoofpriesters en die skrifgeleerdes saam met die ouermanne gekom 2 en vir hom gevra: “Sê vir ons: Deur watter gesag doen jy hierdie dinge? Wie het jou hierdie gesag gegee?”+ 3 Hy het hulle geantwoord: “Ek sal julle ook ’n vraag vra, en sê julle vir my: 4 Het Johannes se gesag om te doop uit die hemel of van mense gekom?” 5 Toe het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: “As ons sê: ‘Uit die hemel,’ sal hy vra: ‘Hoekom het julle hom nie geglo nie?’ 6 Maar as ons sê: ‘Van mense,’ sal die hele volk ons met klippe doodgooi, want hulle is daarvan oortuig dat Johannes ’n profeet was.”+ 7 Daarom het hulle gesê dat hulle nie weet uit watter bron dit was nie. 8 Jesus het vir hulle gesê: “Dan sê ek ook nie vir julle met watter gesag ek hierdie dinge doen nie.”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel