Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Matteus 21:23-27
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 23 Nadat hy in die tempel ingegaan het, het die hoofpriesters en die ouermanne van die volk na hom toe gekom terwyl hy die mense geleer het. Hulle het gevra: “Met watter gesag doen jy hierdie dinge? En wie het jou hierdie gesag gegee?”+ 24 Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: “Ek sal julle ook een ding vra. As julle vir my sê wat die antwoord is, sal ek ook vir julle sê met watter gesag ek hierdie dinge doen: 25 Het Johannes se gesag om te doop uit die hemel of van mense gekom?” Maar hulle het onder mekaar begin redeneer en gesê: “As ons sê: ‘Uit die hemel,’ sal hy vir ons vra: ‘Hoekom het julle hom dan nie geglo nie?’+ 26 Maar ons is bang vir wat die skare gaan doen as ons sê: ‘Van mense,’ want hulle almal beskou Johannes as ’n profeet.” 27 Hulle het dus vir Jesus gesê: “Ons weet nie.” Toe het hy vir hulle gesê: “Dan sê ek ook nie vir julle met watter gesag ek hierdie dinge doen nie.

  • Markus 11:27-33
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 27 Hulle het weer in Jerusalem aangekom. En terwyl hy in die tempel geloop het, het die hoofpriesters en die skrifgeleerdes en die ouermanne gekom 28 en vir hom gevra: “Met watter gesag doen jy hierdie dinge? Of wie het jou hierdie gesag gegee om hierdie dinge te doen?”+ 29 Jesus het vir hulle gesê: “Ek sal julle een vraag vra. Antwoord my eers, en dan sal ek vir julle sê met watter gesag ek hierdie dinge doen. 30 Het Johannes se gesag om te doop+ uit die hemel of van mense gekom? Antwoord my.”+ 31 Toe het hulle onder mekaar begin redeneer en gesê: “As ons sê: ‘Uit die hemel,’ sal hy vra: ‘Hoekom het julle hom dan nie geglo nie?’ 32 Maar as ons sê: ‘Van mense,’ wat sal dan gebeur?” Hulle was bang vir die skare, want die mense het almal geglo dat Johannes werklik ’n profeet was.+ 33 Hulle het dus vir Jesus gesê: “Ons weet nie.” Jesus het vir hulle gesê: “Dan sê ek ook nie vir julle met watter gesag ek hierdie dinge doen nie.”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel