-
Matteus 13:3-9Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 Toe het hy hulle baie dinge deur illustrasies+ vertel en gesê: “’n Saaier het uitgegaan om te saai.+ 4 Terwyl hy gesaai het, het van die saad langs die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgeëet.+ 5 Ander saad het op ’n rotsagtige plek geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het onmiddellik opgeskiet omdat die grond nie diep was nie.+ 6 Maar toe die son opkom, is dit verskroei, en omdat dit nie wortels gehad het nie, het dit uitgedroog. 7 Nog ander saad het tussen die dorings geval, en die dorings het opgekom en gekeer dat dit verder groei.+ 8 En ander saad het op die goeie grond geval, en dit het vrug begin dra: hierdie een 100 keer soveel, daardie een 60 keer soveel en die ander een 30 keer soveel.+ 9 Laat die een wat ore het, luister.”+
-
-
Lukas 8:5-8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 “’n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai. Terwyl hy gesaai het, het van die saad langs die pad geval en is dit vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet.+ 6 Ander saad het op die rots geval, en nadat dit uitgespruit het, het dit uitgedroog omdat dit nie genoeg water gehad het nie.+ 7 Nog ander saad het tussen die dorings geval, en die dorings wat saam met dit opgekom het, het gekeer dat dit verder groei.+ 8 Maar ander saad het op die goeie grond geval, en nadat dit uitgespruit het, het dit 100 keer soveel vrug gedra.”+ Nadat hy hierdie dinge gesê het, het hy uitgeroep: “Laat die een wat ore het om te luister, luister.”+
-