-
Matteus 13:3-9Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 Toe het hy hulle baie dinge deur illustrasies+ vertel en gesê: “’n Saaier het uitgegaan om te saai.+ 4 Terwyl hy gesaai het, het van die saad langs die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgeëet.+ 5 Ander saad het op ’n rotsagtige plek geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het onmiddellik opgeskiet omdat die grond nie diep was nie.+ 6 Maar toe die son opkom, is dit verskroei, en omdat dit nie wortels gehad het nie, het dit uitgedroog. 7 Nog ander saad het tussen die dorings geval, en die dorings het opgekom en gekeer dat dit verder groei.+ 8 En ander saad het op die goeie grond geval, en dit het vrug begin dra: hierdie een 100 keer soveel, daardie een 60 keer soveel en die ander een 30 keer soveel.+ 9 Laat die een wat ore het, luister.”+
-
-
Markus 4:3-9Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 “Luister! Die saaier het uitgegaan om te saai.+ 4 Terwyl hy gesaai het, het van die saad langs die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgeëet. 5 Ander saad het op ’n rotsagtige plek geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het onmiddellik opgeskiet omdat die grond nie diep was nie.+ 6 Maar toe die son opkom, is dit verskroei, en omdat dit nie wortels gehad het nie, het dit uitgedroog. 7 Nog ander saad het tussen die dorings geval, en die dorings het opgekom en gekeer dat dit verder groei, en dit het geen vrug gedra nie.+ 8 Maar ander saad het op die goeie grond geval, en dit het gegroei en toegeneem en vrug begin dra: 30, 60 en 100 keer soveel.”+ 9 Toe het hy bygevoeg: “Laat die een wat ore het om te luister, luister.”+
-