-
Matteus 12:38-42Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
38 Party van die skrifgeleerdes en die Fariseërs het hom toe geantwoord en gesê: “Leermeester, laat ons ’n teken sien.”+ 39 Hy het hulle geantwoord en gesê: “’n Goddelose en ontroue* geslag hou aan om ’n teken te soek, maar geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.+ 40 Want net soos Jona drie dae en drie nagte in die groot vis se maag was,+ so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.+ 41 Die Nineviete sal in die oordeel saam met hierdie geslag opstaan en sal hulle veroordeel, want die Nineviete het berou gehad as gevolg van wat Jona verkondig het.+ Maar kyk! iemand groter as Jona is hier.+ 42 Die koningin van die suide sal in die oordeel saam met hierdie geslag ’n opstanding kry en sal hulle veroordeel, want sy het van die eindes van die aarde af gekom om die wysheid van Salomo te hoor.+ Maar kyk! iemand groter as Salomo is hier.+
-