20 Maak eerder vir julle skatte in die hemel bymekaar,+ waar mot en roes nie verteer nie+ en waar diewe nie inbreek en steel nie. 21 Want waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.
9 “Ek sê ook vir julle: Maak vir julle vriende deur middel van die rykdom van hierdie onregverdige wêreld,*+ sodat hulle julle in die ewige woonplekke sal ontvang wanneer hierdie rykdom wegval.+
18 Sê vir hulle om goed te doen, om ryk te wees in goeie werke, om vrygewig te wees, bereid om te deel.+19 So sal hulle vir hulleself ’n skat bewaar – ’n goeie fondament vir die toekoms,+ sodat hulle ’n stewige houvas op die werklike lewe kan kry.+