33 Verkoop julle besittings en gee geskenke aan die armes.+ Maak vir julle geldsakke wat nie stukkend raak nie, dit wil sê ’n skat in die hemel wat nooit opraak nie,+ waar geen dief naby kom nie en waar geen mot verteer nie. 34 Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.