Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Matteus 27:57-60
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 57 Toe dit laatmiddag was, het ’n ryk man gekom wat van Arimateʹa was. Sy naam was Josef, en hy het ook ’n dissipel van Jesus geword.+ 58 Hierdie man het na Pilatus toe gegaan en vir Jesus se liggaam gevra,+ en Pilatus het beveel dat dit vir hom gegee moet word.+ 59 Josef het die liggaam geneem, dit in skoon, fyn linne toegedraai+ 60 en dit in sy nuwe graf* neergelê,+ wat hy in die rots uitgekap het. Hy het ’n groot klip voor die ingang van die graf* gerol en toe weggegaan.

  • Markus 15:43-46
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 43 het Josef van Arimateʹa gekom en die moed bymekaargeskraap om na Pilatus toe te gaan en vir Jesus se liggaam te vra. Josef was ’n vooraanstaande lid van die Raad, wat self ook vir die Koninkryk van God gewag het.+ 44 Pilatus het egter gewonder of Jesus al dood is, en hy het die militêre offisier laat roep en hom gevra of Jesus al gesterf het. 45 Toe Pilatus bevestiging by die militêre offisier gekry het, het hy die liggaam vir Josef gegee. 46 Nadat hy fyn linne gekoop het en hom afgehaal het, het hy hom in die fyn linne toegedraai en hom in ’n graf* neergelê+ wat uit rots gekap was. Toe het hy ’n klip voor die ingang van die graf gerol.+

  • Johannes 19:38
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 38 En ná hierdie dinge het Josef van Arimateʹa na Pilatus toe gekom. Josef was ’n dissipel van Jesus, maar net in die geheim, want hy was bang vir die Jode.+ Hy het vir Pilatus gevra of hy Jesus se liggaam kan wegneem, en Pilatus het hom toestemming gegee om dit te doen. Daarom het hy gekom en die liggaam weggeneem.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel