-
Deuteronomium 21:22, 23Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
22 “As ’n man ’n sonde gepleeg het wat die doodstraf verdien en hy doodgemaak is+ en julle hom aan ’n paal gehang het,+ 23 mag sy lyk nie die hele nag aan die paal bly hang nie.+ Julle moet sorg dat julle hom daardie selfde dag begrawe, want iemand wat opgehang is, is deur God vervloek,+ en julle mag nie julle land, wat Jehovah julle God aan julle as ’n erfdeel gee, onrein maak nie.+
-
-
Lukas 23:50-52Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
50 Daar was ’n man met die naam Josef, wat ’n lid van die Raad was en wat ’n goeie en regverdige man was.+ 51 (Hierdie man het nie saamgestem met wat hulle beplan en gedoen het nie.) Hy was van Arimateʹa, ’n stad van die Judeërs, en hy het vir die Koninkryk van God gewag. 52 Hierdie man het na Pilatus toe gegaan en vir Jesus se liggaam gevra.
-
-
Johannes 19:38Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
38 En ná hierdie dinge het Josef van Arimateʹa na Pilatus toe gekom. Josef was ’n dissipel van Jesus, maar net in die geheim, want hy was bang vir die Jode.+ Hy het vir Pilatus gevra of hy Jesus se liggaam kan wegneem, en Pilatus het hom toestemming gegee om dit te doen. Daarom het hy gekom en die liggaam weggeneem.+
-