19 As julle deel van die wêreld was, sou die wêreld lief wees vir wat syne is. Omdat julle egter geen deel van die wêreld is nie,+ maar ek julle uit die wêreld uitgekies het, haat die wêreld julle.+
4 Julle ontroues,* weet julle nie dat vriendskap met die wêreld vyandskap met God is nie? Elkeen wat ’n vriend van die wêreld wil wees, maak homself ’n vyand van God.+