-
Genesis 3:17-19Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
17 En hy het vir Adam* gesê: “Omdat jy na jou vrou se stem geluister het en van die boom geëet het waarvan ek jou beveel het om nie te eet nie,+ is die grond vervloek as gevolg van jou.+ Al die dae van jou lewe sal jy met pyn die opbrengs daarvan eet.+ 18 Dit sal dorings en dissels vir jou voortbring, en jy sal die plante van die veld eet. 19 Met sweet en harde werk sal jy brood* eet totdat jy na die grond terugkeer, want daaruit is jy geneem.+ Stof is jy en tot stof sal jy terugkeer.”+
-