5 Slawe, wees gehoorsaam aan julle aardse meesters,+ met respek en vrees in die opregtheid van julle harte, soos aan die Christus, 6 nie net wanneer julle dopgehou word, sodat julle mense tevrede kan stel nie,+ maar soos Christus se slawe, wat die wil van God met hulle hele siel doen.+