-
Levitikus 23:37, 38Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
37 “‘Dit is die seisoenfeeste+ van Jehovah wat julle as heilige byeenkomste+ moet aankondig om ’n vuuroffer vir Jehovah aan te bied: die brandoffer+ en die graanoffer+ van die offerande en die drankoffers+ soos dit vir elke dag voorgeskryf is. 38 Dit is ekstra offers wat aangebied moet word bo en behalwe die offers op Jehovah se sabbatte,+ asook julle gawes,+ julle gelofte-offers+ en julle vrywillige offers+ wat julle aan Jehovah moet gee.
-