-
Matteus 10:2-4Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 Hier volg die name van die 12 apostels:+ Eerstens, Simon, wat Petrus genoem word,+ en sy broer Andreʹas,+ Jakobus, die seun van Sebedeʹus, en sy broer Johannes,+ 3 Filippus en Bartolomeʹus,+ Tomas+ en Matteʹus,+ die belastinggaarder,* Jakobus, die seun van Alfeʹus, en Taddeʹus, 4 Simon, die Kananeër,* en Judas Iskaʹriot, wat hom later verraai het.+
-
-
Lukas 6:13-16Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
13 En toe dit dag word, het hy sy dissipels na hom toe geroep en 12 van hulle uitgekies, wat hy ook apostels genoem het:+ 14 Simon, wat hy ook Petrus genoem het, sy broer Andreʹas, Jakobus, Johannes, Filippus,+ Bartolomeʹus, 15 Matteʹus, Tomas,+ Jakobus, die seun van Alfeʹus, en Simon, wat “die ywerige” genoem word, 16 Judas, die seun van Jakobus, en Judas Iskaʹriot, wat ’n verraaier geword het.
-