Die eerste boek van Samuel
22 Dawid het toe vertrek+ en na die grot van Adulʹlam+ gevlug. Toe sy broers en die hele huis van sy pa daarvan hoor, het hulle na hom toe gegaan. 2 En almal wat in die moeilikheid of in die skuld of verbitterd was, het by hom aangesluit, en hy het hulle hoof geword. Daar was ongeveer 400 manne by hom.
3 Later het Dawid van daar af na Mispe in Moab gegaan en vir die koning van Moab+ gesê: “Laat my pa en ma asseblief by julle woon totdat ek weet wat God vir my sal doen.” 4 Dawid het hulle dus na die koning van Moab gebring, en hulle het daar by hom gebly die hele tyd toe hy in die skuilplek in die berge was.+
5 Later het die profeet Gad+ vir Dawid gesê: “Moenie in die skuilplek bly nie. Gaan na die land van Juda.”+ Dawid het dus vertrek en na die Heret-woud gegaan.
6 Saul het gehoor dat Dawid en sy manne gevind is. Op daardie oomblik het Saul onder die tamariskboom op die heuwel in Giʹbea+ met sy spies in sy hand gesit, en al sy knegte het om hom gestaan. 7 Toe het Saul vir sy knegte om hom gesê: “Luister asseblief, Benjaminiete. Sal die seun van Isai+ ook vir elkeen van julle landerye en wingerde gee? Sal hy julle almal as hoofde oor 1 000 en hoofde oor 100 aanstel?+ 8 Julle het almal teen my saamgesweer! Niemand het vir my gesê toe my eie seun met die seun van Isai+ ’n verbond gemaak het nie! Nie een van julle voel jammer vir my en sê vir my dat my eie seun my kneg teen my opgestook het om my aan te val nie.”
9 Doëg,+ die Edomiet, wat oor die knegte van Saul aangestel was, het toe geantwoord:+ “Ek het die seun van Isai in Nob gesien by Ahimeʹleg, die seun van Ahiʹtub.+ 10 En hy het Jehovah vir hom geraadpleeg en vir hom padkos gegee. Hy het selfs vir hom die swaard van Goʹliat, die Filistyn,+ gegee.” 11 Die koning het Ahimeʹleg, die seun van die priester Ahiʹtub, en al die priesters van die huis van sy pa, wat in Nob was, dadelik laat roep. Daarom het hulle almal na die koning toe gekom.
12 Saul het toe gesê: “Luister asseblief, seun van Ahiʹtub!” Toe het Ahimeʹleg geantwoord: “Hier is ek, my heer.” 13 Saul het vir hom gesê: “Hoekom het jy en die seun van Isai teen my saamgesweer? Jy het vir hom brood en ’n swaard gegee en God vir hom geraadpleeg. Hy het teen my in opstand gekom en wil my aanval.” 14 Ahimeʹleg het die koning geantwoord: “Wie van u knegte is so betroubaar* soos Dawid?+ Hy is die koning se skoonseun+ en die hoof van u lyfwag, en hy is geëerd in u huis.+ 15 Dit was tog nie die eerste keer dat ek God vir hom geraadpleeg het nie.+ Wat u sê, het nie eers by my opgekom nie! My heer die koning, moet my en die hele huis van my pa asseblief nie beskuldig nie, want u kneg het niks hiervan geweet nie.”+
16 Maar die koning het gesê: “Jy en die hele huis van jou pa+ sal beslis sterf,+ Ahimeʹleg.” 17 Toe het die koning vir die wagte* om hom gesê: “Maak die priesters van Jehovah dood, want hulle is aan Dawid se kant! Hulle het geweet dat hy ’n vlugteling is, maar hulle het my nie vertel nie!” Maar die koning se knegte wou nie hulle hand lig om die priesters van Jehovah aan te val nie. 18 Die koning het toe vir Doëg+ gesê: “Doen jy dit dan. Val die priesters aan!” Onmiddellik het Doëg, die Edomiet,+ die priesters aangeval. Op daardie dag het hy 85 manne doodgemaak wat die linne-efod+ dra. 19 Hy het ook alles en almal in Nob,+ die stad van die priesters, met die swaard doodgemaak: man sowel as vrou, kind sowel as baba, bul, donkie en skaap.
20 Maar een van die seuns van Ahimeʹleg, die seun van Ahiʹtub, wie se naam Abjaʹtar+ was, het ontsnap. Hy het na Dawid gevlug en by hom aangesluit. 21 Abjaʹtar het vir Dawid gesê: “Saul het die priesters van Jehovah doodgemaak.” 22 Toe het Dawid vir Abjaʹtar gesê: “Die oomblik toe ek Doëg, die Edomiet, daar sien, het ek geweet+ dat hy Saul sou gaan vertel. Ek is persoonlik verantwoordelik vir die dood van almal* in jou pa se huis. 23 Bly by my. Moenie bang wees nie, want enigiemand wat jou lewe wil neem, wil my lewe neem. Jy is onder my beskerming.”+