Josua
20 Toe het Jehovah vir Josua gesê: 2 “Sê vir die Israeliete: ‘Kies vir julle die vrystede+ uit waaroor ek deur middel van Moses met julle gepraat het, 3 sodat die persoon wat iemand onopsetlik of per ongeluk* doodmaak, daarheen kan vlug. Hierdie stede sal vir julle as ’n beskerming teen die bloedwreker dien.+ 4 Hy moet na een van hierdie stede vlug+ en by die ingang van die stadspoort+ staan en sy saak aan die ouermanne van daardie stad voorlê. Dan moet hulle hom in die stad ontvang en hom ’n plek gee, en hy sal by hulle woon. 5 As die bloedwreker hom agtervolg, moet hulle nie die persoon wat iemand doodgemaak het, aan hom oorlewer nie, want hy het sy medemens per ongeluk* doodgemaak, en hy het hom nie voorheen gehaat nie.+ 6 Hy moet in daardie stad bly totdat hy deur die gemeente verhoor word,+ en hy moet daar woon totdat die hoëpriester wat op daardie tyd dien, sterf.+ Dan mag die persoon wat iemand doodgemaak het, terugkeer na die stad waaruit hy gevlug het, en hy mag in sy stad en in sy huis ingaan.’”+
7 Toe het hulle heilige status gegee aan die volgende stede:* Kedes+ in Galileʹa, in die bergstreek van Nafʹtali, Sigem+ in die bergstreek van Eʹfraim en Kirjat-Arba,+ dit wil sê Heʹbron, in die bergstreek van Juda. 8 In die Jordaanstreek, oos van Jeʹrigo, het hulle uit die stam van Ruben die stad Beser+ gekies, wat in die wildernis op die plato* is. Hulle het ook Ramot+ in Giʹlead uit die gebied van die stam van Gad en Golan+ in Basan uit die gebied van die stam van Manasʹse gekies.+
9 Dit was die stede wat uitgekies is vir al die Israeliete en die uitlanders wat onder hulle woon, sodat enigeen wat iemand onopsetlik doodmaak, daarheen kon vlug+ en nie deur die bloedwreker doodgemaak word voordat hy deur die gemeente verhoor is nie.+