Job
2 Hy verskyn soos ’n bloeisel, en dan verlep hy.*+
Hy vlug soos ’n skaduwee en verdwyn.+
4 Kan ’n sondige persoon geboorte gee aan iemand sonder sonde?+
Nee!
5 Sy dae is vasgestel.
U het die getal van sy maande bepaal.
Hy kan nie verder gaan as die perk wat u vir hom gestel het nie.+
6 U moet van hom af wegkyk sodat hy kan rus,
totdat hy sy dag se werk voltooi, soos ’n gehuurde werker.+
7 Want selfs vir ’n boom is daar hoop.
As hy afgekap word, sal hy weer uitspruit,
en sy takkies sal aanhou groei.
8 As sy wortel oud word in die grond
en sy stomp in die aarde sterf,
9 sal hy uitspruit as hy water ruik,
en hy sal takke voortbring soos ’n nuwe plant.
10 Maar ’n man sterf en lê magteloos.
Wanneer ’n mens sy laaste asem uitblaas, waar is hy?+
11 Waters verdwyn uit die see,
en ’n rivier loop leeg en droog op.
12 So gaan lê die mens, en hy staan nie op nie.+
Solank as wat die hemel bestaan, sal hy nie wakker word nie,
en hy sal nie weer wakker gemaak word nie.+
As u maar vir my ’n tyd wou vasstel en aan my wou dink!+
14 As ’n man sterf, kan hy weer lewe?+
15 U sal roep, en ek sal u antwoord.+
Na die werk van u hande sal u verlang.*
16 Maar nou hou u al my treë dop.
U kyk net na my sondes.
17 My oortredings is in ’n sak verseël,
en u verseël dit met gom.
18 Net soos ’n berg ineenstort en verbrokkel
en ’n rots verskuif word,
19 net soos water klippe verweer
en ’n sterk stroom die grond wegspoel,
so het u die hoop van die mens vernietig.
20 U oorweldig hom met u krag totdat hy doodgaan.+
U verander sy voorkoms en u stuur hom weg.
21 Sy seuns word geëer, maar hy weet dit nie.
Hulle word onbelangrik, maar hy besef dit nie.+
22 Slegs terwyl hy lewe, voel hy pyn.
Slegs terwyl hy lewe, treur hy.”