Jesaja
12 In daardie dag sal jy beslis sê:
“Ek dank u, Jehovah,
want hoewel u vir my kwaad was,
het u woede geleidelik bedaar, en u het my vertroos.+
Ek sal op hom vertrou en nie bang wees nie,+
want Jah* Jehovah is my sterkte en my mag,
en hy het my redding geword.”+
4 En in daardie dag sal julle sê:
“Dank Jehovah, roep sy naam aan!
Maak sy dade onder die volke bekend!+
Verkondig dat sy naam hoog verhewe is.+
5 Sing lofliedere* vir Jehovah,+ want hy het wonderlike dinge gedoen.+
Laat dit oor die hele aarde bekend gemaak word.