Amos
6 “Dit sal sleg gaan met dié in Sion wat selfversekerd* is,
met dié wat veilig voel op die berg van Samariʹa,+
die belangrike manne van die vernaamste volk,
dié na wie die huis van Israel gaan!
2 Trek oor na Kalne en kyk.
Gaan daarvandaan na Groot-Hamat,+
en gaan af na Gat van die Filistyne.
Is hulle beter as hierdie koninkryke,*
of is hulle gebied groter as julle s’n?
4 Julle lê op ivoorbeddens+ en strek julle op banke uit,+
julle eet die ramme van die kudde en die vetgemaakte kalwers.*+
Maar julle bekommer julle nie oor die ondergang van Josef nie.+
7 Daarom sal julle eerste in ballingskap gaan.+
En die feeste van dié wat uitgestrek lê, sal tot ’n einde kom.
8 ‘Die Soewereine Heer Jehovah het by homself gesweer,’+ sê Jehovah, die God van die leërmagte:
‘“Ek verag die trots van Jakob,+
ek haat sy versterkte torings,+
en ek sal die stad en alles daarin oorlewer.+
9 “‘“En as daar tien manne in een huis oorbly, sal hulle ook sterf. 10 ’n Familielid* sal kom om hulle een vir een uit te dra en te verbrand. Hy sal hulle liggame* uit die huis uitbring. Dan sal hy vir wie ook al in die binnekamers van die huis is, vra: ‘Is daar nog by jou?’ En hy sal sê: ‘Daar is niemand!’ Dan sal hy sê: ‘Bly stil! Want dit is nie die tyd om die naam van Jehovah te noem nie.’”
11 Want dit is Jehovah wat die bevel gee,+
en hy sal van die groot huis net rommel laat oorbly,
en van die klein huis net stukke.+
12 Hardloop perde op ’n krans
of sal iemand daar met beeste ploeg?