Psalms
Vir die musiekleier: Op die Gittit.* Van Asaf.+
81 Roep vreugdevol uit voor God, ons krag.+
Roep van blydskap uit voor die God van Jakob.
2 Begin die musiek speel en neem ’n tamboeryn,
die harp met sy lieflike klank saam met die snaarinstrument.
Ek het ’n stem* gehoor wat ek nie herken het nie:
6 “Ek het die las van sy skouer afgelig.+
Sy hande is van die mandjie bevry.
7 In jou tyd van moeilikheid het jy geroep, en ek het jou gered.+
Ek het jou uit die donderwolk* geantwoord.+
Ek het jou by die waters van Meʹriba* getoets.+ (Sela)
8 Hoor, my volk, en ek sal teen jou getuig.
O Israel, as jy maar net na my sal luister.+
Maak jou mond wyd oop, en ek sal dit vul.+
11 Maar my volk het nie na my stem geluister nie.
Israel wou hom nie aan my onderwerp nie.+
12 Daarom het ek hulle aan hulle hardkoppigheid oorgelaat.
Hulle het gedoen wat hulle gedink het reg is.*+
13 As my volk maar net na my wou luister.+
As Israel maar net my weë wou volg!+
14 Ek sou hulle vyande gou onderwerp.
Ek sou my hand teen hulle vyande draai.+