Jesaja
2 Dít is wat Jesaja, die seun van Amos, in verband met Juda en Jerusalem gesien het:+
sal die berg van die huis van Jehovah
stewig gevestig word bo die top van die berge,+
en dit sal bo die heuwels uitstaan,
en al die nasies sal daarheen stroom.+
3 En baie volke sal gaan en sê:
“Kom, laat ons opgaan na die berg van Jehovah,
na die huis van die God van Jakob.+
Hy sal ons sy weë leer,
en ons sal dit volg.”+
4 Hy sal oordeel tussen die nasies
en sake regstel in verband met baie volke.
Hulle sal ploegskare maak van hulle swaarde,
en snoeimesse van hulle spiese.+
Nasie sal nie teen nasie die swaard opneem nie,
en hulle sal ook nie meer leer om oorlog te voer nie.+
6 Want u het u volk, die huis van Jakob, verstoot+
omdat hulle baie dinge uit die Ooste oorgeneem het.
Hulle beoefen toorkuns+ soos die Filistyne,
en daar is baie uitlandse kinders onder hulle.
7 Hulle land is vol silwer en goud,
en daar is geen einde aan hulle skatte nie.
Hulle land is vol perde,
en daar is geen einde aan hulle strydwaens nie.+
8 Hulle land is vol waardelose gode.+
Hulle buig voor die werk van hulle eie hande neer,
voor wat hulle eie vingers gemaak het.
9 Die mens buig neer, hy verlaag hom.
Hoe kan u hulle ooit vergewe?
10 Gaan in die rotse in en kruip in die grond weg
weens die skrikwekkende teenwoordigheid van Jehovah
en weens sy groot heerlikheid.+
Jehovah alleen sal in daardie dag verheerlik word.
12 Want dit is die dag wat aan Jehovah van die leërmagte behoort.+
Dit sal elkeen tref wat hoogmoedig en trots is,
almal, of hulle belangrik of onbelangrik is,+
13 al die sederbome van die Liʹbanon-berge wat hoog en verhewe is
en al die eikebome van Basan,
14 al die hoë berge
en al die hoë heuwels,
15 elke hoë toring en elke versterkte muur,
en al die kosbare bote.
Jehovah alleen sal in daardie dag verheerlik word.
18 Die waardelose gode sal heeltemal verdwyn.+
19 En mense sal in die grotte in die rotse
en in die gate in die grond ingaan+
weens die skrikwekkende teenwoordigheid van Jehovah
en weens sy groot heerlikheid,+
wanneer hy kom om die aarde van vrees te laat bewe.
20 In daardie dag sal mense hulle waardelose gode van silwer en van goud
wat hulle vir hulle gemaak het om voor neer te buig,
vir die skeerbekmuise* en vir die vlermuise gooi,+
21 en hulle sal in die holtes in die rotse
en in die skeure van die kranse ingaan
weens die skrikwekkende teenwoordigheid van Jehovah
en weens sy groot heerlikheid,
wanneer hy kom om die aarde van vrees te laat bewe.
22 Om julle eie onthalwe moet julle ophou om op blote mense te vertrou,
want hulle is maar net soos die asem in hulle neusgate.*
Hoekom moet hulle in aanmerking geneem word?