Psalms
Vir die musiekleier. Van Dawid. ’n Melodie.
40 Ek het vurig gehoop op* Jehovah,
en hy het afgebuk om na my te luister en my geroep om hulp gehoor.+
2 Hy het my uit ’n bruisende put opgetrek,
uit die slymerige modder.
En hy het my voete op ’n groot rots laat staan.
Hy het my op vaste grond laat loop.
Baie sal met ontsag toekyk
en op Jehovah vertrou.
Niemand kan met u vergelyk word nie.+
As ek sou probeer om dit te vertel en om daarvan te praat,
sou dit te veel wees om op te noem!+
U het nie brandoffers en sonde-offers gevra nie.+
7 Toe het ek gesê: “Kyk, ek het gekom.
In die boekrol is daar oor my geskryf.+
9 Ek verkondig die goeie nuus van regverdigheid in die groot gemeente.+
Kyk! Ek bly nie stil nie,+
soos u goed weet, o Jehovah.
10 Ek bedek nie u regverdigheid in my hart nie.
Ek maak u getrouheid en redding bekend.
In die groot gemeente steek ek nie u lojale liefde en u waarheid weg nie.”+
11 O Jehovah, moenie u genade van my terughou nie.
Mag u lojale liefde en u waarheid my heeltyd bewaar.+
12 Die rampe wat my omring, is te veel om te tel.+
Ek word oorweldig deur soveel van my sondes dat ek nie kan sien waar ek gaan nie.+
Dit is meer as die hare op my kop,
en ek het moed verloor.
13 O Jehovah, wees asseblief bereid om my te red.+
O Jehovah, kom tog gou en help my.+
14 Mag almal wat my wil doodmaak,
skaam kry en verneder word.
Mag dié wat bly is oor my rampspoed,
in skande terugtrek.
15 Mag dié wat vir my sê: “Aha! Aha!”
ontsteld wees as gevolg van hulle eie skande.
Mag almal wat lief is vir u reddingsdade, altyd sê:
“Mag Jehovah verheerlik word.”+
17 Maar ek is hulpeloos en arm.
Mag Jehovah aan my aandag skenk.
U is my helper en my redder.+
My God, moenie te lank wag voordat u kom nie.+