Psalms
Vir die musiekleier. Van Dawid, ’n melodie.
2 Hy het my ook uit ’n bruisende kuil opgetrek,+
Uit die modder van die afsaksel.+
Toe het hy my voete op ’n groot rots gestel;+
Hy het my voetstappe stewig gevestig.+
3 Verder het hy ’n nuwe lied in my mond gelê,
’n Loflied aan ons God.+
Baie sal dit sien en sal vrees,+
En hulle sal op Jehovah vertrou.+
4 Gelukkig is die man wat Jehovah sy vertroue gemaak het+
En wat nie sy aangesig na uitdagende mense gekeer het nie,
Of na dié wat in leuens verval nie.+
O Jehovah my God, ja, u wonderlike werke en u gedagtes teenoor ons;+
Niemand kan met u vergelyk word nie.+
Sou ek geneig wees om dit te verkondig en daaroor te praat,
Het dit te talryk geword om te vertel.+
6 In offerande en offergawe het u geen behae geskep nie;+
Hierdie ore van my het u geopen.+
Brandoffer en sondoffer het u nie gevra nie.+
9 Ek het die goeie nuus van regverdigheid in die groot gemeente verkondig.+
Kyk! My lippe bedwing ek nie.+
O Jehovah, u weet dit goed.+
10 U regverdigheid het ek nie in my hart bedek nie.+
U getrouheid en u redding het ek bekend gemaak.+
Ek het nie u liefderyke goedhartigheid en u waaragtigheid verberg in die groot gemeente nie.”+
11 U, o Jehovah, moet u ontferming nie van my weerhou nie.+
Laat u liefderyke goedhartigheid en u waaragtigheid my voortdurend bewaar.+
12 Want rampspoede het my omring totdat hulle nie meer getel kon word nie.+
Meer van my oortredings het my ingehaal as wat ek kon sien;+
Hulle het talryker geword as die hare van my kop,+
En my hart het my verlaat.+
14 Laat dié wat my siel soek om dit weg te vee,+
Saam beskaamd staan en verleë wees.+
Laat dié wat in my rampspoed behae skep, agteruitwyk en verneder word.+