Job
42 Toe het Job Jehovah geantwoord:
3 U het gesê: ‘Wie is dit wat die manier waarop ek dinge doen, sonder kennis bevraagteken?’+
Ek het sonder insig gepraat
oor dinge wat te wonderlik is vir my om te verstaan.+
4 U het gesê: ‘Luister asseblief, en ek sal praat.
Ek gaan vir jou vrae vra, en jy moet my antwoord.’+
5 Tot nou toe het ek net van u gehoor,
maar nou sien ek u met my eie oë.
7 Nadat Jehovah met Job gepraat het, het Jehovah vir Eʹlifas, die Temaniet, gesê:
“Ek is woedend vir jou en jou twee vriende,+ want julle het nie die waarheid oor my+ gepraat soos my kneg Job nie. 8 Neem dan nou sewe bulle en sewe ramme en gaan na my kneg Job toe en offer dit as ’n brandoffer vir julleself. En my kneg Job sal vir julle bid.+ Ek sal sy gebed aanvaar en julle nie vir julle dwaasheid straf nie. Julle het nie die waarheid oor my gepraat soos my kneg Job nie.”
9 Toe het Eʹlifas, die Temaniet, Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet, gaan doen wat Jehovah vir hulle gesê het. En Jehovah het Job se gebed aanvaar.
10 Nadat Job vir sy vriende gebid het,+ het Jehovah Job se lyding weggeneem+ en hom weer voorspoedig gemaak. Jehovah het hom twee keer soveel gegee as wat hy voorheen gehad het.+ 11 Al sy broers en susters en al sy vriende van vroeër+ het gekom en ’n maaltyd saam met hom in sy huis geëet. Hulle het met hom gesimpatiseer en hom vertroos oor alles wat Jehovah toegelaat het om oor hom te kom. Elkeen het vir hom geld en ’n goue ring gegee.
12 Jehovah het die laaste deel van Job se lewe meer geseën as die begin,+ en Job het mettertyd 14 000 skape, 6 000 kamele, 2 000 beeste en 1 000 donkies* gehad.+ 13 En hy het weer sewe seuns en drie dogters gehad.+ 14 Hy het sy eerste dogter Jemiʹma genoem, die tweede Kesiʹa en die derde Keren-Happug. 15 Job se dogters was die mooiste vrouens in die hele land, en hulle pa het hulle ’n erfdeel saam met hulle broers gegee.
16 Job het nog 140 jaar gelewe, en hy het sy kinders en kleinkinders gesien, tot in die vierde geslag. 17 Uiteindelik het Job ná ’n lang en goeie lewe gesterf.