Genesis 18:14 Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling 14 Is enigiets onmoontlik vir Jehovah?+ Ek sal volgende jaar dié tyd na jou toe terugkeer, en Sara sal ’n seun hê.” Psalm 135:6 Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling 6 Jehovah doen alles wat hy wil doen,+in die hemel en op die aarde, in die seë en in al die dieptes. Jesaja 43:13 Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling 13 Ek is altyd dieselfde,+en daar is niemand wat enigiets uit my hand kan wegruk nie.+ Wie kan my keer wanneer ek optree?”+ Jesaja 55:10, 11 Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling 10 Want net soos die reën en die sneeu uit die hemel valen nie daarheen terugkeer voordat dit die aarde natgemaak het nie, sodat plante groei en vrug draen sodat daar saad is om te saai en brood is om te eet,11 so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan.+ Dit sal nie sonder resultate na my toe terugkeer nie,+maar dit sal beslis doen wat ek wil hê,*+en dit sal beslis die doel bereik waarvoor ek dit gestuur het. Jeremia 32:17 Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling 17 “O Soewereine Heer Jehovah! U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot krag+ en deur u uitgestrekte arm. Niks is onmoontlik vir u nie, Markus 10:27 Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling 27 Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.”+ Lukas 18:27 Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling 27 Hy het gesê: “Die dinge wat onmoontlik is vir mense, is moontlik vir God.”+
14 Is enigiets onmoontlik vir Jehovah?+ Ek sal volgende jaar dié tyd na jou toe terugkeer, en Sara sal ’n seun hê.”
13 Ek is altyd dieselfde,+en daar is niemand wat enigiets uit my hand kan wegruk nie.+ Wie kan my keer wanneer ek optree?”+
10 Want net soos die reën en die sneeu uit die hemel valen nie daarheen terugkeer voordat dit die aarde natgemaak het nie, sodat plante groei en vrug draen sodat daar saad is om te saai en brood is om te eet,11 so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan.+ Dit sal nie sonder resultate na my toe terugkeer nie,+maar dit sal beslis doen wat ek wil hê,*+en dit sal beslis die doel bereik waarvoor ek dit gestuur het.
17 “O Soewereine Heer Jehovah! U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot krag+ en deur u uitgestrekte arm. Niks is onmoontlik vir u nie,
27 Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.”+