Psalms
Vir die musiekleier. Van die seuns van Korag.+ Volgens die Alamot-styl.* ’n Lied.
2 Daarom sal ons nie bang wees nie, al ondergaan die aarde veranderinge,
al stort die berge in die dieptes van die see,+
al skud die berge as gevolg van sy onstuimigheid. (Sela)
4 Daar is ’n rivier waarvan die strome die stad van God vreugdevol maak,+
die heilige, groot tabernakel van die Allerhoogste.
5 God is in die stad.+ Dit kan nie vernietig word nie.
God sal dit kom red wanneer die oggend aanbreek.+
6 Die nasies was in beroering, die koninkryke is verslaan.
Hy het sy stem verhef, en die aarde het gesmelt.+
7 Jehovah van die leërmagte is met ons.+
Die God van Jakob is ons veilige skuilplek.* (Sela)
8 Kom sien die dade van Jehovah,
hoe hy verstommende dinge op die aarde gedoen het.
9 Hy maak regoor die aarde ’n einde aan oorloë.+
Hy breek die boog en vernietig die spies.
Hy verbrand die militêre waens* met vuur.
10 “Onderwerp julle en weet dat ek God is.
Ek sal verheerlik word onder die nasies.+
Ek sal verheerlik word op die aarde.”+
11 Jehovah van die leërmagte is met ons.+
Die God van Jakob is ’n veilige skuilplek vir ons.+ (Sela)