Blokkiesraaisel
Dwars
1. Ook tent van samekoms genoem (Exodus 39:32)
8. Kort voor Josef se dood het hy hiervan melding gemaak in verband met die kinders van Israel (Hebreërs 11:22)
10. Terwyl die Israeliete hier gebly het, het hulle met die dogters van die Moabiete begin hoereer (Numeri 25:1)
11. Vroulike dier wat die Israeliete as dankoffer aan Jehovah kon bring (Levitikus 3:6)
12. Die moeder van goeie koning Hiskia (2 Konings 18:2)
13. Een van die laaste twee versterkte stede van Juda wat ingeneem is voor die Babiloniërs Jerusalem verower het (Jeremia 34:7)
15. Die plek waar Jehovah se engel vir Gideon opdrag gegee het om Israel te verlos (Rigters 6:11, 14)
16. In die huwelik moet dit heilig en sonder verontreiniging wees (Hebreërs 13:4)
17. Onder die Mosaïese Wet het ’n Israeliet hiervoor die doodstraf gekry (Levitikus 20:10)
18. Woord om ’n sigbare, verwyderde plek aan te dui (Rigters 1:7)
20. Vader van Sakkur wat gehelp het om Jerusalem se muur te herbou (Nehemia 3:2)
22. Vader van Sallum wat ’n owerste van die halwe distrik Jerusalem was (Nehemia 3:12)
23. Dawid se dienaars was verbaas toe hy dit begin doen nadat hy die nuus gehoor het van sy seun by Batseba se dood (2 Samuel 12:21, NW)
24. ’n Wapen (1 Kronieke 8:40)
25. Die agtste fondament van die muur van Nuwe Jerusalem (Openbaring 21:19, 20)
26. Sanballat en Gesem het Nehemia na hierdie laagte probeer lok om hom kwaad aan te doen (Nehemia 6:2)
28. Sy broers was Gam en Jafet (Genesis 10:1)
29. Hy het aan die einde van Paulus se tweede sendingreis saam met Paulus tot by Efese gereis (Handelinge 18:18, 19)
30. Die stam van Ruben het hierdie stad herbou kort nadat dit verower is (Numeri 32:37)
32. Dit was Paulus en Aquila se ambag (Handelinge 18:2, 3)
Af
1. Toe Paulus van Timoteus die bemoedigende verslag oor die getrouheid en liefde van hierdie gemeente ontvang het, het hy hom verheug (1 Tessalonisense 3:6-10)
2. ’n Inwoner van Betlehem (1 Samuel 16:1)
3. God het Adam die taak opgelê om dit vir al die diere te gee (Genesis 2:19, 20)
4. Die Israeliete het in die woestyn na hierdie kossoort terugverlang (Numeri 11:4, 5)
5. Hy moet na die mier gaan om vlytigheid te leer (Spreuke 6:6)
6. Hierdie afstammeling van Levi was ’n voorvader van die musikant Asaf (1 Kronieke 6:41)
7. Ná elke skeppingsdaad sê die Bybel: “En dit was —.” (Genesis 1:9)
9. Jesus het hulle uit die tempel uitgedryf (Matteus 21:12, 13)
14. Die land Assirië het sy naam van hom gekry (Genesis 10:11, 22)
16. Jesus is as so ’n hoëpriester beskryf (Hebreërs 2:17)
19. Die stam van Aser het nie die Kanaäniete wat hier gewoon het, verdryf nie (Rigters 1:31, 32)
21. Hierdie seun van Saul is vermoor en onthoof (2 Samuel 4:7, 8)
22. By die tempel was hy tweede in bevel onder die hoëpriester (Handelinge 4:1)
26. ’n Kleinseun van Esau en ’n stamhoof van Edom (Genesis 36:10, 11, 15)
27. Van die ou tyd af word hierdie soort boom met Jerigo verbind (Deuteronomium 34:3)
31. “Die hele wêreld — in die mag van die bose” (1 Johannes 5:19)
Oplossing op bladsy 19
Oplossing dwars
1. TABERNAKEL
8. UITTOG
10. SITTIM
11. OOI
12. ABI
13. ASEKA
15. OFRA
16. BED
17. OWERSPEL
18. DAAR
20. IMRI
22. HALLOHES
23. EET
24. BOOG
25. BERIL
26. ONO
28. SEM
29. AQUILA
30. ELEALE
32. TENTMAKERS
Oplossing af
1. TESSALONISENSE
2. BETLEHEMIET
3. NAME
4. KNOFFEL
5. LUIAARD
6. ETNI
7. SO
9. GELDWISSELAARS
14. ASSUR
16. BARMHARTIGE
19. AGLAB
21. ISBOSET
22. HOOFMAN
26. OMAR
27. PALM
31. LÊ