Vir gesinsbespreking
Was dit ’n goeie besluit?
Lees Markus 12:41-44. Kyk nou na die prent, en skryf jou antwoorde hieronder neer.
1. Waar het die skatkiste gestaan?
LEIDRAAD: Lees Markus 12:35; 13:1.
․․․․․
2. Waarom was Jesus beïndruk met die weduwee se bydrae, al was dit baie klein?
LEIDRAAD: Lees Markus 12:28-30.
․․․․․
3. Waarom kan jy daarvan seker wees dat die weduwee nie swaargekry het nie, al het sy “haar hele lewensonderhoud” gegee?
LEIDRAAD: Lees Matteus 6:25, 31-33.
․․․․․
VIR BESPREKING:
Dink jy dat hierdie weduwee ’n goeie besluit geneem het? Waarom sê jy so? Wat sal gebeur as jy in die gewoonte kom om vrygewig te wees? LEIDRAAD: Lees Lukas 6:38; Handelinge 20:35.
WAT WEET JY OMTRENT DIE APOSTEL JOHANNES?
4. Het die godsdiensleiers Johannes as ’n geleerde en ’n redenaar beskou?
LEIDRAAD: Lees Handelinge 4:13.
․․․․․
5. Watter uitsonderlike voorreg het Johannes ontvang?
LEIDRAAD: Lees Openbaring 1:1-3.
․․․․․
VIR BESPREKING:
Hoeveel Bybelboeke het Johannes geskryf? Hoe kan jy Johannes navolg?
PRENTEJAG VIR KINDERS
Kan jy hierdie prente in die tydskrif vind? Beskryf in jou eie woorde wat in elke prent gebeur.
IN HIERDIE NOMMER
Beantwoord hierdie vrae, en voorsien die ontbrekende Bybelvers(e).
BLADSY 9 Wat verskaf die grootste geluk? Handelinge 20:․․․
BLADSY 9 Waardeur word dissipels van Jesus geïdentifiseer? Johannes 13:․․․
BLADSY 21 Wat kan die vrede van God doen? Filippense 4:․․․
BLADSY 22 Jehovah is naby aan wie? Psalm 34:․․․
● Antwooorde op bladsy 21
ANTWOORDE OP BLADSY 31
1. In die tempel.
2. Die weduwee het God alles gegee wat sy kon.
3. God beloof om vir ons te sorg as ons sy belange eerste stel.
4. Nee. Hulle het Johannes as ’n ongeleerde en gewone mens beskou.
5. Hy is geïnspireer om dele van die Bybel, waaronder die boek Openbaring, te skryf.