Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • pr deel 4 bl. 16-19
  • Die Christendom het God en die Bybel verloën

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Christendom het God en die Bybel verloën
  • Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind?
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Onskriftuurlike leerstellings
  • Goddelose dade
  • Nie Christelik nie
  • God se oordeel teen “die wettelose mens”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Die Christendom word ontmasker as die voorstander van valse aanbidding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Hulle se “vrede” terwyl daar geen vrede is nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1979
  • Die Bybel se valse vriend
    Die Bybel—God se woord of die mens s’n?
Sien nog
Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind?
pr deel 4 bl. 16-19

Deel 4

Die Christendom het God en die Bybel verloën

1, 2. Waarom het party mense min respek vir die Bybel, maar wat sê die Bybel?

1 In baie lande is daar mense wat die Bybel vermy en min respek daarvoor het as gevolg van die slegte optrede van diegene wat beweer dat hulle daarvolgens lewe. In sekere lande is daar al gesê dat die Bybel ’n boek is wat tot oorlog lei, dat dit ’n boek vir die wit man is en dat dit ’n boek is wat kolonialisme ondersteun. Maar dit is wanopvattings.

2 Die Bybel, wat in die Midde-Ooste geskryf is, ondersteun nie die koloniale oorloë en hebsugtige uitbuiting wat al so lank in die naam van die Christelike godsdiens plaasvind nie. Trouens, as jy die Bybel lees en die leringe van die ware Christelike godsdiens ondersoek wat deur Jesus geleer is, sal jy sien dat die Bybel oorlogvoering, onsedelikheid en die uitbuiting van ander sterk veroordeel. Die fout lê by hebsugtige mense, nie by die Bybel nie (1 Korinthiërs 13:1-6; Jakobus 4:1-3; 5:1-6; 1 Johannes 4:7, 8). Moet dus nie toelaat dat die wandade van selfsugtige mense wat nie volgens die Bybel se goeie raad lewe jou daarvan weerhou om by sy skatte baat te vind nie.

3. Wat toon die feite van die geskiedenis oor die Christendom?

3 Die volke en nasies van die Christendom tel onder dié wat nie volgens die Bybel lewe nie. “Die Christendom” word gedefinieer as daardie deel van die wêreld waar die Christelike godsdiens algemeen voorkom. Dit is hoofsaaklik die Westerse wêreld met sy kerkstelsels, wat van ongeveer die vierde eeu G.J. af op die voorgrond begin tree het. Die Christendom het die Bybel al eeue lank, en sy geestelikes sê dat hulle dit leer en dat hulle God se verteenwoordigers is. Maar leer die Christendom se geestelikes en sendelinge die waarheid? Is hulle optrede werklik verteenwoordigend van God en die Bybel? Is Christelikheid werklik ’n kenmerk van die Christendom? Nee. Vandat die godsdiens van die Christendom in die vierde eeu op die voorgrond getree het, is die Christendom ’n vyand van God en die Bybel. Ja, die feite van die geskiedenis toon dat die Christendom God en die Bybel verloën het.

Onskriftuurlike leerstellings

4, 5. Watter onskriftuurlike leerstellings word deur die kerke geleer?

4 Die grondleerstellings van die Christendom is nie op die Bybel gebaseer nie, maar op antieke mites—dié van Griekeland, Egipte, Babilon en ander lande. Leerstellings soos die inherente onsterflikheid van die mensesiel, ewige pyniging in ’n helse vuur, die vaevuur en die Drie-eenheid (drie persone in een Godheid) kom nie in die Bybel voor nie.

5 Neem as voorbeeld die leerstelling dat slegte mense vir ewig in ’n brandende hel gepynig gaan word. Hoe voel jy oor hierdie idee? Baie vind dit afstootlik. Hulle vind dit belaglik dat God mense vir ewig sal pynig, hulle vir altyd in ondraaglike pyn sal laat verkeer. So ’n bose idee kan nie met die God van die Bybel versoen word nie, want “God is liefde” (1 Johannes 4:8). Die Bybel sê duidelik dat so ’n leerstelling nie in die almagtige God ‘se hart opgekom het nie’.—Jeremia 7:31; 19:5; 32:35.

6. Hoe weerlê die Bybel die leerstelling van ’n onsterflike siel?

6 Vandag leer baie godsdienste, waaronder die kerke van die Christendom, dat die mens ’n onsterflike siel het wat hemel toe of hel toe gaan wanneer hy sterf. Dit is nie ’n Bybelse leerstelling nie. Die Bybel sê eerder duidelik: “Die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, . . . want daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heengaan nie” (Prediker 9:5, 10). En die psalmis sê dat die mens by die dood ‘terugkeer na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan’.—Psalm 146:4.

7. Wat was Adam en Eva se straf omdat hulle God se wet oortree het?

7 Hou ook in gedagte dat toe Adam en Eva God se wet oortree het, is hulle nie met onsterflikheid gestraf nie. Dit sou ’n beloning gewees het, nie ’n straf nie! Daar is eerder vir hulle gesê dat hulle sou “terugkeer na die aarde, want daaruit is [hulle] geneem”. Toe God met Adam gepraat het, het hy dit beklemtoon: “Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer” (Genesis 3:19). Die leerstelling van die inherente onsterflikheid van die siel kom derhalwe nie in die Bybel voor nie, maar is deur die Christendom van nie-Christelike volke oorgeneem wat voor hulle gelewe het.

8. Hoe weerlê die Bybel die Christendom se Drie-eenheidsleer?

8 Daarbenewens stel die Christendom se Drie-eenheidsleer God as ’n verborge drie-in-een-God voor. Maar daardie leerstelling kom ook nie in die Bybel voor nie. In Jesaja 40:25 (NAV) sê God byvoorbeeld duidelik: “Met wie kan julle My dan vergelyk, wie is soos Ek?” Die antwoord is voor die hand liggend: Niemand kan soos hy wees nie. Psalm 83:18 (NW) sê ook onomwonde: “U, wie se naam Jehovah is, [is] alleen die Allerhoogste oor die hele aarde.”—Sien ook Jesaja 45:5; 46:9; Johannes 5:19; 6:38; 7:16.

9. Wat kan ons sê omtrent die Bybel se leringe en omtrent die leerstellings van die Christendom se kerke?

9 Die Bybel se leringe oor God en sy voornemens is duidelik, maklik verstaanbaar en redelik. Maar die leerstellings van die Christendom se kerke is nie. Boonop weerspreek hulle die Bybel.

Goddelose dade

10, 11. Op watter maniere is die optrede van die Christendom se kerke in stryd met wat die Bybel se leringe vereis?

10 Benewens die feit dat die Christendom valse leerstellings leer, verloën hy God en die Bybel deur sy dade. Die dinge wat die geestelikes en die kerke in vervloë eeue gedoen het, en in ons tyd steeds doen, is in stryd met wat die God van die Bybel vereis en in stryd met wat die Stigter van die ware Christelike godsdiens, Jesus Christus, geleer en gedoen het.

11 Jesus het sy volgelinge byvoorbeeld geleer om hulle nie met hierdie wêreld se politieke aangeleenthede te bemoei of by sy oorloë betrokke te raak nie. Hy het hulle ook geleer om vredeliewend en wetsgehoorsaam te wees, om hulle medemens sonder vooroordeel lief te hê, om selfs bereid te wees om eerder hulle eie lewe prys te gee as ’n ander se lewe te neem.—Johannes 15:13; Handelinge 10:34, 35; 1 Johannes 4:20, 21.

12. Wat het Jesus gesê sou ware Christene kenmerk?

12 Trouens, Jesus het geleer dat liefde vir ander mense die kenmerk sou wees wat ware Christene van valse Christene, huigelaars, sou onderskei. Hy het vir diegene wat hom sou volg, gesê: “’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.”—Johannes 13:34, 35; 15:12.

13, 14. Wat toon dat die kerke van die Christendom God nie verteenwoordig nie?

13 Tog bemoei die geestelikes van die Christendom hulle al eeue lank met die politiek en ondersteun hulle die oorloë van hulle land. Hulle het selfs die opponerende kante in oorloë binne die Christendom self ondersteun, soos die twee wêreldoorloë van hierdie eeu. In daardie oorloë het die geestelikes aan albei kante om oorwinning gebid, en lede van die een godsdiens uit een land het lede van daardie selfde godsdiens uit ’n ander land doodgemaak. Maar die Bybel sê dit is hoe Satan se kinders optree, nie God s’n nie (1 Johannes 3:10-12, 15). Hoewel die geestelikes en hulle volgelinge dus beweer dat hulle Christene is, verloën hulle die leringe van Jesus Christus, wat vir sy volgelinge gesê het om ‘die swaard weg te sit’.—Mattheüs 26:51, 52.

14 Die kerke het eeue lank met die politieke magte van die Christendom saamgewerk toe daardie nasies ander volke gedurende die imperialistiese era verower, tot slawe gemaak en verneder het. Dit was eeue lank in Afrika die geval. China het dit ook ondervind toe Westerse lande deur geweld vir hulleself invloedsfere tot stand gebring het, soos tydens die Opiumoorloë en die Bokseropstand.

15. Watter booshede is al deur die Christendom bedryf?

15 Gedurende die eeue van die geskiedenis wat die Donker Eeue genoem word, het die Christendom se godsdienste ook die voortou daarmee geneem om diegene wat nie met hulle saamgestem het nie te vervolg, te martel en selfs dood te maak. Tydens die Inkwisisie, wat honderde jare geduur het, is wreedhede, soos marteling en moord, goedgekeur en het ordentlike, onskuldige mense die slagoffers daarvan geword. Dit was die geestelikes en hulle volgelinge, wat almal beweer het dat hulle Christene is, wat hierdie dinge gedoen het. Hulle het selfs probeer om die Bybel te vernietig sodat die gewone mense dit nie kon lees nie.

Nie Christelik nie

16, 17. Waarom kan ons sê dat die kerke nie Christelik is nie?

16 Nee, die nasies en kerke van die Christendom was nie, en is nie, Christelik nie. Hulle is nie God se knegte nie. Sy geïnspireerde Woord sê aangaande hulle: “Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.”—Titus 1:16.

17 Jesus het gesê dat valse godsdiens uitgeken kan word aan wat dit voortbring, sy vrugte. Hy het gesê: “Pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. . . . So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ’n slegte boom dra slegte vrugte. ’n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ’n slegte boom ook geen goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. So sal julle [daardie valse profete] dan aan hul vrugte ken.”—Mattheüs 7:15-20.

18. Wat het die Christendom se leerstellings en dade tot gevolg gehad?

18 Die godsdienste van die Christendom het derhalwe deur hulle leringe en dade bewys dat hulle bewering dat hulle in die Bybel glo en godvresend en Christelik is ’n leuen is. Hulle het God en die Bybel verloën. Hulle het sodoende die teësin van miljoene mense gewek en veroorsaak dat hulle nie meer in ’n Opperwese glo nie.

19. Beteken die feit dat die Christendom gefaal het dat God en die Bybel gefaal het?

19 Maar die feit dat die geestelikes en die kerke van die Christendom, sowel as ander godsdienste buite die Christendom, gefaal het, beteken nie dat die Bybel gefaal het nie. Dit beteken ook nie dat God gefaal het nie. Inteendeel, die Bybel vertel ons van ’n Opperwese wat werklik bestaan en wat vir ons en ons toekoms omgee. Dit toon hoe hy regskapenes sal beloon wat wil doen wat reg is, wat wil hê dat geregtigheid en vrede oor die hele aarde moet heers. Dit toon ook waarom God goddeloosheid en lyding toelaat en hoe hy diegene wat hulle medemens kwaad aandoen, sowel as diegene wat beweer dat hulle hom dien maar dit nie doen nie, van die aarde af gaan verdelg.

[Prente op bladsy 17]

Dante se “Inferno”

[Erkenning]

Doré’s illustration of Barrators—Giampolo for Dante’s Divine Comedy

[Prent op bladsy 17]

Die Christendom se Drie-eenheid

[Prent op bladsy 17]

’n Hindoese drie-eenheid

[Erkenning]

Courtesy of The British Museum

[Prent op bladsy 17]

’n Egiptiese drie-eenheid

[Erkenning]

Museo Egizio, Turin

[Prente op bladsy 18]

In teenstelling met wat Jesus geleer het, het die geestelikes aan albei kante oorloë gesteun

[Erkenning]

U.S. Army photo

    Afrikaanse publikasies (1975-2027)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel