Die een geslagslys van groot belang
GESLAGSLYSTE is vandag ’n bron van belang vir party mense wat graag die wortels van hulle stamboom wil ontdek. Maar dit het eintlik weinig praktiese waarde om ’n mens se stamboom in al sy vertakkinge na te spoor en ons voorouers van lank gelede uit te ken. Christene weet inderdaad dat alle mense onvolmaak is en dat daar niks is om oor te roem of om vernederd oor te voel wat hulle voorouers in die gryse verlede betref nie. Die apostel Paulus het aan die jong man Timotheüs geskrywe dat hy hom nie moet “besig hou met . . . eindelose geslagsregisters nie, wat net twisvrae bevorder meer as stigting van God wat in die geloof is”.—1 Tim. 1:3, 4.
Timotheüs was toe in die stad Efese in Asië. Daar was baie gekerstende Jode in daardie stad en party van hulle het nog aan Joodse gewoontes vasgehou. Hulle het daarvan gehou om hulle voorouers en die van ander na te spoor en te bespreek, meer om te spog of ’n vertoning van kennis te lewer as om prakties te wees of om ander op te bou. Van die eerste eeu van ons Gewone Jaartelling sê “The Jewish Encyclopedia”: “Hoe vrugbaar hierdie Bybelboeke [Kronieke] was om genealogiese verwaandhede op te wek blyk uit die verklaring [in die Babiloniese Talmoed, Pes. 62b] dat daar 900 kameelvragte kommentaar oor 1 Kron. viii. 37 tot ix. 44 bestaan het. . . . Daar is seker al baie kwaad gestig deur hierdie bespiegeling oor afkoms en stambome.”—DI. V, bl. 597 (1910).
Hoewel ’n persoon se geslagsregister dus af en toe nuttig kan wees in regsaangeleenthede is dit ’n tydverkwisting en nadelig vir ons geloof om oor ons afkoms te redekawel of danig trots daarop te wees. Daar is net een geslagslyn wat werklik belangrik is. Dit is die stamboom van Jesus Christus. Waarom is dit van sulke groot belang? En waarom moet ons nou daarin belangstel?
Een van die kragtigste redes vir belangstelling is dat dit ons geloof grondves en versterk. Ons het alles nodig wat God hiervoor voorsien het sodat ons nie verswak gedurende beproewinge en tydens aanvalle deur diegene wat probeer om ons geloof te vernietig nie. Bowendien wil ons in staat wees om aan ander te bewys dat Jesus Christus die Messias is—om ’n sterk grondslag aan te bied waarop ander geloof kan bou.
Wat Jesus se geslagslys betref, is daar enkele probleme wat almal oplosbaar is. Hierdie einste feit verleen gewig aan die egtheid van die geslagslys. Want hoewel die Hebreërs wat deur die eeue heen die geslagsregisters gehou het, geweet het dat die Messias deur Abraham moes kom, het hulle aanvanklik nie geweet dat dit tot die geslag van Juda, Abraham se agterkleinseun, en later tot die nakomelinge van koning Dawid, beperk sou word nie. Hulle het ook nie voor die tyd geweet dat die wetlike koninklike reg deur Dawid se seun Salomo sou wees nie. Hulle het ook nie geweet wanneer en hoe die Messias sou kom nie. As die geslagslys geen haakplekke gehad het nie, as daar geen moeilikhede, geen wettige aannemings, ensovoort was nie, sou ons rede gehad het om sterk agterdog te koester dat daar met die geslagslys gepeuter is. ’n Paar probleme met die ontrafeling van die stamboom bied dus groter getuienis dat dit ’n eerlike verslag is.
Dit is dus goed om hierdie uiters belangrike geslagslys te ondersoek en die verbasende noukeurigheid daarvan te sien, want dit is uitvoeriger en vollediger as enige ander ‘stamboom’ in mensegeskiedenis. Ons sal oortuig wees dat God ’n wakende oog oor hierdie afstamming gehou het en gesorg het dat dit behoorlik aangeteken word, partymaal selfs deur mense wat geen benul van die werklike belangrikheid daarvan gehad het nie.
GESLAGSLYSTE STAAF CHRISTUS SE MESSIASSKAP
Daar is vier belangrike lyste van Christus se herkoms, waarvan drie met Adam begin, en hulle kom soos volg in die Bybel voor: (1) Genesis en Rut; (2) 1 Kronieke, hoofstukke 1-3; (3) Mattheüs, hoofstuk 1; en (4) Lukas, hoofstuk 3 (Lukas gaan inderdaad van Jesus tot by Adam terug). Met een uitsonderinga kom hulle presies ooreen van Adam tot Salomo, die seun van Dawid. Dan gee Lukas, parallel met Salomo, vir Natan, ’n ander seun van Dawid, aan. Tot op hierdie punt gee Lukas die afstamming van Jesus deur Eli, die vader van Maria, die vrou van Josef, aan en staaf aldus Jesus se natuurlike reg op die Messiasskap as ’n seun van Dawid, want Jesus het geen aardse vader gehad nie, daar hy die pleegseun van Josef, maar die werklike Seun van God deur ’n wonderdaad was.—Luk. 1:34, 35.
REDES VIR VERSKILLE IN AFSTAMMINGSLYSTE
Mattheüs se verslag gaan Jesus se afkoms na in die geslag van Salomo, waardeur die wetlike reg op die troon van Dawid geloop het. Mattheüs en Lukas se verslae verskil dus doelbewus in die stambome van Dawid tot op Jesus. Dit is egter opmerklik dat albei skrywers sorg dat hulle dit duidelik stel dat Jesus nie werklik die seun van Josef nie, maar die werklike, natuurlike seun van Maria was. Mattheüs praat van “Jakob die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word” (Matt. 1:16). Lukas sê: “En Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef.”—Luk. 3:23
Daar is name in die verslag van Kronieke wat verskil van dié in Mattheüs, wat net soos die Kronieke Salomo se geslag volg. Hierdie name kom na Serubbabel, die negentiende na Salomo, voor. Hierdie verskil kan maklik verklaar word deur die feit dat daar in baie geslagslyste van die Bybel ’n aantal skakels uitgelaat word. ’n Sprekende voorbeeld word gevind in Esra se geslagslys waarin hy getoon het dat hy ’n priester was (Esra 7:1-5). In sy lys is etlike name uitgelaat wat in ’n parallelle lys in 1 Kronieke 6:3-14 gevind word. Waarom het Esra hierdie name uitgelaat? Hy het dit waarskynlik gedoen om onnodige herhaling te vermy en om die lang lys korter te maak. Hy het dalk ook net die bekendste name gebruik, net soos ’n persoon wat vandag wil bewys dat hy ’n nakomeling van die een of ander beroemde man, soos George Washington is, net enkeles van die herkenbaarste, erkende nakomelinge van die beroemde man hoef te noem en dan te toon dat sy eie vader of grootvader een van hulle was. Esra het gebruik wat nodig was om sy doel te dien, en hy het dit bereik. Hierdie gebruik kom in enkele ander Bybelse geslagslyste voor.
JESUS SE TEENSTANDERS KON NIE DIE OPENBARE VERSLAE BETWIS NIE
Mattheüs en Lukas het ongetwyfeld Jesus se geslagslys in die openbare register in die dorp Betlehem van Juda, waar Jesus gebore is, gekry (Luk. 2:1-5; Miga 5:1; Matt. 2:1-6). Daar is ’n merkwaardige feit wat ’n einde behoort te maak aan alle twyfel dat Jesus die natuurlike erfgenaam van Dawid is, sowel as die een wat die wetlike reg op Dawid se troon het, aangesien hy die eersgebore seun (in werklikheid pleegseun) van ’n manlike afstammeling van koning Salomo was. Dit is dit: Geeneen van Jesus se vyande onder die Jode het ooit sy afkoms deur Dawid, ditsy van sy moeder se kant of van sy pleegvader se kant, betwis nie. Ons weet egter dat die Fariseërs en Sadduseërs so gretig soos ’n trop wolwe was en op enige moontlike manier probeer het om Jesus in oneer te bring. Maar hulle kon nie die amptelike geboorteregisters, wat by die mense welbekend en aan almal beskikbaar was, ontken nie. En die heidense vyande het Jesus se afstamming eers aangeval nadat die Joodse verslae vernietig is toe die Romeine Jerusalem binnegeval en vernietig het. Toe kon niemand natuurlik hulle leuenagtige beweringe met die openbare verslae vergelyk nie.
Daar Jesus die langverwagte Messias was, het hy die Bybelse geslagslys vervul en afgesluit. Hy het die troon van Dawid verkry om sonder opvolgers daarop te sit (Luk. 1:31-33). Hy is deur God gebruik om ’n nuwe priesterskap te stig, daar hy nou in die hemel is waar hy, nie volgens die Levitiese priesterskap van die Jode nie, maar “volgens die orde van Melgisedek ’n hoëpriester geword het vir ewig” (Hebr. 6:20; 7:11-14, 23, 24). Die Bybelse verslag van Jesus se afkoms bly in die Bybel as deel van die fondament van ons geloof en as ’n getuienis van die sekerheid van die woord en beloftes van God.
[Voetnoot]
a Lukas plaas ’n tweede Kainan tussen Arpagsad en Sela (Lukas 3:36). Dit word deur die meeste geleerdes as ’n oorskrywersfout beskou. Hierdie naam word nie in hierdie posisie gevind in geslaglyste in die Hebreeuse en Samaritaanse tekste nie, en ook in geeneen van die Targoems of weergawes nie, behalwe in die Septuaginta en moontlik nie in die eerste eksemplare daarvan nie, want Josefus, wat gewoonlik die Septuaginta volg, gee Sela as die seun van Arpagsad aan (Antiquities of the Jews, Boek 1, Hfst. VI, par. 7). Die vroeë skrywers Africanus, Eusebius en Hieronymus het dit as ’n invoeging verwerp. ’n Ander moontlikheid is dat “Kainan” ’n wisselvorm van “Chaldeër” is. Derhalwe het die Griekse teks miskien “die seun van die Chaldeër Arpagsad” gelui.
[Tabelle op bladsy 21, 22]
BYBELLYSTE VAN JESUS SE STAMBOOM
Genesis en Rut1 Kronieke Hfste. 1, 2, 3Lukas Hfst. 3
AdamAdamAdam
SetSetSet
EnosEnosEnos
KenanKenanKenan
MahalalelMahalalelMahalaleël
JeredJeredJered
HenogHenogHenog
MetusalagMetusalagMetusala
LamegLamegLameg
NoagNoagNoag
SemSemSem
ArpagsadArpagsadArpagsad Kainan.
SelagSelagSela
HeberHeberHeber
PelegPelegPeleg
RehuRehuRehu
SerugSerugSerug
NahorNahorNahor
TeraTeraTeraMattheüs Hfst. 1
Abram (Abraham)AbrahamAbrahamAbraham
IsakIsakIsakIsak
Jakob(Israel)JakobJakobJakob
Juda (en Tamar)JudaJudaJuda (en Tamar)
PeresPeresPeresPeres
HesronHesronHesronHesron
RamRamRamRam
AmminadabAmminadabAmminadabAmminadab
NagsonNagsonNagsonNagson
SalmaSalmaSalmonSalmon (en Ragab)
Boas (en Rut)BoasBoasBoas (en Rut)
ObedObedObedObed
IsaiIsaiIsaiIsai
DawidDawidDawidDawid (en Batseba)
SalomoNatanbSalomo
RehabeamMattataRehabeam
AbiaMainanAbia
AsaMeleasAsa
JosafatEljakimJosafat
JoramJonanJoram
JosefAhasiaJuda
JoasSimeon
AmasiaLevi
Asarja (Ussia)MattatUssia (Asarja)
JotamJorimJotam
AgasEliëserAgas
HiskiaJosesHiskia
ErManasseElmodamManasse
AmonKosamAmon
JosiaAddiJosia
JojakimMelgi
Jogonja (Jojagin)NerijaJegonia
Sealtiël (Pedaja)cSealtiëldSealtiël
SerubbabeleSerubbabelSerubbabel
Resa
HananjaJohananAbiud
Juda
JesajaJosefEljakim
RefajaSemeï
MattatiasAsor
ArnanMaät
ObadjaNaggaiSadok
Esli
SeganjaNahumAgim
AmosSemajaMattatiasEliud
Josef
NearjaJannaEleasar
EljoënaiMelgi
LeviMattan
Mattat
Heli (vader van Maria) Jakob
Josef (skoonseun) Josef
Jesus (Maria se seun) Jesus (pleegseun)
[Voetnote]
b Van Natan af begin Lukas die stamboom van Jesus van moederskant af volg, terwyl Mattheüs daarmee van vaderskant af voortgaan.
c Serubbabel was blykbaar die eie seun van Pedaja en die wetlike seun van Sealtiël deur swaershuwelik; of hy is na sy vader Pedaja se dood deur Sealtiël grootgemaak en is toe wetlik as die seun van Sealtiël erken.—1 Kron. 3:17-19; Esra 3:2; Luk. 3:27.
d Sealtiël die Seun van Jegonja was blykbaar die skoonseun van Nerija.—1 Kron. 3:17; Luk. 3:27.
e Die geslagte kom Sealtiël en Serubbabel bymekaar en loop daarna weer uiteen. Hierdie uiteenloping kon deur twee verskillende nakomelinge van Serubbabel gekom het, of een in die drie lyste kon ’n skoonseun gewees het.
[Prente op bladsy 21]
Adam
Abraham
[Prent op bladsy 22]
Geslagslyste staaf duidelik dat JESUS die Messias is