Job
2 Later het die dag aangebreek waarop die seuns van die ware God ingekom het om hulle plek voor Jehovah in te neem, en ook Satan het tussen hulle ingekom om sy plek voor Jehovah in te neem.+
2 Toe het Jehovah vir Satan gesê: “En waar kom jy vandaan?” Daarop het Satan Jehovah geantwoord en gesê: “Van ’n swerftog oor die aarde waarop ek rondgewandel het.”+ 3 En Jehovah het vir Satan gesê: “Het jy jou hart op my kneg Job gerig,+ dat daar niemand soos hy op die aarde is nie, ’n onberispelike en regskape man,+ wat God vrees+ en afwyk van die kwaad?+ Hy hou nog steeds vas aan sy onkreukbaarheid,+ hoewel jy my teen hom aanhits+ om hom sonder oorsaak te verswelg.”+ 4 Maar Satan+ het Jehovah geantwoord en gesê: “Vel vir vel, en alles wat ’n mens het, sal hy gee vir sy siel.+ 5 Steek vir ’n verandering asseblief u hand uit en raak tot sy gebeente en sy vlees aan en kyk of hy u nie in u aangesig sal vervloek nie.”+
6 Daarop het Jehovah vir Satan gesê: “Kyk, hy is in jou hand! Spaar net sy siel!” 7 Toe het Satan van die aangesig van Jehovah af weggegaan+ en Job met kwaadaardige swere+ getref, van die sool van sy voet tot die kroon van sy kop. 8 En hy het vir hom ’n erdeskerf geneem om hom mee te krap; en hy het in die as gesit.+
9 Uiteindelik het sy vrou vir hom gesê: “Hou jy nog vas aan jou onkreukbaarheid?+ Vervloek God en sterf!” 10 Maar hy het vir haar gesê: “Soos een van die verstandelose+ vroue praat, praat jy ook. Sal ons slegs die goeie van die ware God aanneem en nie ook die slegte aanneem nie?”+ In dit alles het Job nie met sy lippe gesondig nie.+
11 En drie metgeselle van Job het gehoor van al hierdie rampspoed wat hom getref het, en hulle het gekom, elkeen van sy eie plek af: Eʹlifas, die Temaniet,+ en Bildad, die Suhiet,+ en Sofar, die Naämatiet.+ Toe het hulle volgens afspraak byeengekom+ om met hom te kom simpatiseer en hom te vertroos.+ 12 Toe hulle van ver af hulle oë opslaan, het hulle hom eers nie herken nie. En hulle het hulle stem verhef en gehuil en elkeen sy moulose oorkleed geskeur+ en stof hemelwaarts op hulle koppe gegooi.+ 13 En hulle het sewe dae en sewe nagte by hom op die grond gesit,+ en niemand het ’n woord met hom gepraat nie, want hulle het gesien dat die pyn+ baie groot was.