Job
38 En Jehovah het Job uit die windstorm+ geantwoord en gesê:
5 Wie het sy afmetings bepaal, as jy weet,
Of wie het die meetsnoer oor hom gespan?
6 Waarin is sy voetstukke+ neergelaat,
Of wie het sy hoeksteen gelê,
7 Toe die môresterre+ saam van vreugde uitgeroep het
En al die seuns van God+ begin juig het?
8 En wie het die see met deure versper,+
Wat te voorskyn gekom het soos toe dit uit die moederskoot losgebreek het;
9 Toe ek die wolk sy kleding gemaak het
En dik donkerheid sy windsel,
10 En ek my voorskrif oor hom bepaal het
En ’n grendel en deure gestel het+
11 En ek gesê het: ‘Tot hiertoe mag jy kom, en nie verder nie;+
En hier word jou trotse golwe begrens’?+
12 Het jy sedert jou dae die oggend bevel gegee?+
Het jy aan die dagbreek sy plek bekend gemaak,
13 Om die eindes van die aarde vas te gryp,
Sodat die goddeloses van hom afgeskud word?+
18 Het jy die wye ruimtes van die aarde met verstand beskou?+
Vertel my, as jy dit alles te wete gekom het.
19 Waar is tog die weg na waar die lig woon?+
Wat die duisternis betref, waar is tog sy plek,
20 Sodat jy dit na sy grens kan bring
En sodat jy die paaie na sy huis kan verstaan?
22 Het jy in die skatkamers van die sneeu ingegaan,+
Of sien jy die skatkamers van die hael,+
23 Wat ek teruggehou het vir die tyd van benoudheid,
Vir die dag van stryd en oorlog?+
25 Wie het ’n kanaal vir die vloed gekloof
En ’n weg vir die donderende onweerswolk,+
26 Om dit te laat reën op die land waar daar niemand is nie,+
Op die wildernis waarin daar geen mens is nie,
27 Om stormgeteisterde en verlate plekke te versadig
En om die jong gras te laat uitspruit?+
30 Die waters hou hulle verborge soos deur klip,
En die oppervlak van die waterdiepte sluit aan mekaar.+
31 Kan jy die bande van die Kima-sterrebeeld vasbind,
Of kan jy die toue van die Kesil-sterrebeeld losmaak?+
32 Kan jy die Masʹsarot-sterrebeeld op sy vasgestelde tyd uitbring?
En wat die Asj-sterrebeeld tesame met sy kinders betref, kan jy hulle lei?
33 Het jy die insettinge van die hemel te wete gekom,+
Of sou jy die gesag daarvan op die aarde kon laat geld?
35 Kan jy weerligstrale uitstuur dat hulle heengaan
En vir jou sê: ‘Hier is ons!’?
37 Wie kan die wolke met wysheid noukeurig tel,
Of die waterkruike van die hemel—wie kan hulle laat kantel+
38 Wanneer die stof uitvloei soos ’n gesmelte massa
En die grondkluite aan mekaar kleef?