Psalms 113 LOOF Jah!+Bring lof, o knegte van Jehovah,+Loof die naam van Jehovah.+ 2 Mag Jehovah se naam geloof word,+Van nou af en tot onbepaalde tyd.+ 3 Van die opgang van die son tot sy ondergang+Moet Jehovah se naam geloof word.+ 4 Jehovah is hoog bo al die nasies;+Sy heerlikheid is bo die hemele.+ 5 Wie is soos Jehovah ons God,+Hy wat sy woonplek in die hoogte maak?+ 6 Hy buig hom neer om na die hemel en die aarde te kyk,+ 7 En hy rig die geringe uit die stof op;+Hy verhef die arme uit die asput,+ 8 Om hom by edeles te laat sit,+By die edeles van sy volk.+ 9 Hy laat die onvrugbare vrou in ’n huis woon+As ’n vreugdevolle moeder van kinders.+LOOF Jah!+