Psalms
Van Dawid.
144 Mag Jehovah, my Rots, geloof word,+
Wat my hande leer om te veg,+
My vingers om oorlog te voer;
2 My liefderyke goedhartigheid en my vesting,+
My veilige hoogte en die Een wat aan my ontkoming verskaf,+
My skild+ en die Een tot wie ek my toevlug geneem het,+
Die Een wat volke onder my onderwerp.+
3 O Jehovah, wat is die mens dat u op hom ag sou gee,+
Die seun van die sterflike mens+ dat u hom in aanmerking sou neem?
7 Steek uit die hoogte u hande uit;+
Bevry my en verlos my uit die baie waters,+
Uit die hand van die uitlanders,+
8 Wie se mond onwaarheid gespreek het+
En wie se regterhand ’n regterhand van leuens is.+
9 O God, ’n nuwe lied sal ek tot u sing.+
Op ’n tiensnarige instrument sal ek u met melodieë besing,+
10 Die Een wat aan konings redding gee,+
Die Een wat sy kneg Dawid van die skadelike swaard bevry.+
11 Bevry my en verlos my uit die hand van die uitlanders,+
Wie se mond onwaarheid gespreek het+
En wie se regterhand ’n regterhand van leuens is,+
12 Wat sê: “Ons seuns is soos plantjies, volgroeid in hulle jeug,+
Ons dogters soos hoekpilare, gebeeldhou in paleisstyl,
13 Ons skure is vol en lewer verskillende soorte produkte,+
Ons kleinvee vermeerder by duisende, tienduisendvoudig op ons strate,
14 Ons beeste dra swaar, sonder enige breuk en sonder misdrag,+
En daar is geen geskreeu op ons openbare pleine nie.+