Psalms
Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid.
64 Hoor, o God, my stem in my besorgdheid.+
Mag u my lewe teen die verskrikking van die vyand bewaar.+
2 Mag u my vir die vertroulike gesprekke van die kwaaddoeners verberg,+
Vir die beroering van dié wat skadelike dinge beoefen,+
3 Wat hulle tong skerp gemaak het net soos ’n swaard,+
Wat hulle pyl, bitter woorde, gerig het+
4 Om uit verborge plekke op die onberispelike te skiet.+
Skielik skiet hulle op hom en vrees nie.+
6 Hulle hou aan om onregverdige dinge uit te dink;+
Hulle het ’n goed uitgedinkte, listige plan verberg,+
En die binneste van elkeen, ja, sy hart, is diep.+
7 Maar God sal skielik met ’n pyl op hulle skiet.+
Hulle het wonde opgedoen.+
8 En hulle laat iemand struikel.+
Maar hulle tong is teen hulleself.+
Almal wat na hulle kyk, sal hulle kop skud,+
9 En alle mense sal bang word;+
En hulle sal die dade van God verkondig,+
En hulle sal beslis insig in sy werk hê.+