Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. ’n Melodie.
85 U het behae geskep, o Jehovah, in u land;+
U het die gevangenes van Jakob teruggebring.+
2 U het die oortreding van u volk vergewe;+
U het al hulle sonde bedek.+ Sela.
3 U het al u grimmigheid beheers;+
U het u van u gloeiende toorn afgewend.+
4 Laat ons terugkeer, o God van ons redding,+
En laat vaar u ergernis teen ons.+
5 Sal u tot onbepaalde tyd op ons vertoornd wees?+
Sal u u toorn van geslag tot geslag laat voortduur?+
6 Sal u ons nie weer lewend maak,+
Sodat u volk hulle in u kan verbly nie?+
7 Betoon aan ons, o Jehovah, u liefderyke goedhartigheid,+
En mag u aan ons u redding gee.+
8 Ek sal hoor wat die ware God Jehovah sal sê,+
Want hy sal woorde van vrede vir sy volk+ en vir sy lojales spreek,
Maar laat hulle nie tot selfvertroue terugkeer nie.+
9 Waarlik, sy redding is naby dié wat hom vrees,+
Sodat heerlikheid in ons land kan woon.+
10 Wat liefderyke goedhartigheid en waaragtigheid betref, hulle het mekaar ontmoet;+
Regverdigheid en vrede—hulle het mekaar gekus.+
11 Waaragtigheid sal uit die aarde spruit,+
En regverdigheid sal uit die hemel afkyk.+
12 Ook sal Jehovah die goeie gee,+
En ons land sal sy opbrengs lewer.+
13 Regverdigheid sal voor hom uit gaan,+
En dit sal met sy treë ’n pad maak.+