Van die kinders van Korag. ’n Melodie, ’n lied.
87 Sy fondament is op die heilige berge.+
2 Jehovah het die poorte van Sion liewer+
As al die wonings van Jakob.+
3 Glorieryke dinge word van jou gesê, o stad van die ware God.+ Sela.
4 Ek sal Ragab+ en Babilon+ noem onder dié wat my ken;
Kyk, Filisteʹa+ en Tirus, tesame met Kus:
“Hierdie een is daar gebore.”+
5 En van Sion sal gesê word:
“’n Ieder en ’n elk is daarin gebore.”+
En die Allerhoogste+ sal dit stewig vestig.+
6 Wanneer Jehovah die volke opskryf, sal hy bekend maak:+
“Hierdie een is daar gebore.”+ Sela.
7 Daar sal ook sangers sowel as dansers van kringdanse wees:+
“Al my fonteine is in jou.”+